Nu-Alcade Bonsmara-groep behaal eerste rekordprys vir bul verkoop

Nu-Alcade Lot 10
Nu-Alcade Bonsmaras se eerste veiling van die jaar het op die 15 Februarie plaasgevind te Warmbad veilingskrale.
Die uitstaande gehalte diere wat die dag daar was het gelei tot ’n allemintige gemiddelde verkoopprys van R141 190 per bul.
Thinus Maritz se diere het besonders goed verkoop op die veiling. In besonder, lot 10 wat ook vir hoogste prys van die dag verkoop is vir R620 000.
Koper: Laurence Allem van Allem Brothers Bonsmaras, Viljoenskroon Verkoper: Thinus Maritz van Thinus Maritz Boerdery, Vaalwater
Kyk die video vir ‘n paar hoogtepunte van die veiling.