NMI (Northmec) en Kelly Tillage span saam om wêreldklasbewerkingsoplossings na Suid-Afrika te bring

DSC_0349-scaled-1-1536×1024
Kelly Tillage is ‘n familie-onderneming met sterk gemeenskapswaardes. Shane Kelly, ‘n boer van Suid-Australië, het op hulle familieplaas grootgeword en is vertroud met Kelly-toerusting vandat hy kan onthou.
“Die Kelly-masjiene het op die Kelly-familieplaas begin. My pa het die ingenieursonderneming begin en soos verskeie ander boerdery-ondernemings was die klem altyd op nalatenskap aan opkomende geslagte. Die doel is om die plaas in ’n beter toestand en in beter gesondheid te laat as waaron ons dit by die vorige geslag oorgeneem het,” sê Shane.
Shane voeg by: “Grondgesondheid is ‘n baie belangrike fokus van ons. Ons het die werktuig ontwikkel met die fokus en voorneme om grondgesondheid te bestuur en te verbeter. Om die werk te doen wat jy as boer moet doen met die kleinste hoeveelheid versteuring van jou grond, die verbetering van grondkoolstof, respek vir en die verbetering van grondbiologie en bakteriese aktiwiteit in die grond.
Vir Kelly Tillage beteken volhoubare landbou verbeterings in grondstruktuur en produktiwiteit, die opbou van grondkoolstof, die beste gebruik van grondvog, geïntegreerde onkruidbestuur en verbeterde ekonomiese marges.

Shane beklemtoon sommige van die voordele van die Kelly 3009 Diamond-krageg vir boere:
• Stoppel- en residubestuur
• Terugplasing van koolstof in die grond
• Verbetering van grondgesondheid
• Verbetering van grondvog
• Plantproduksie
• Doeltreffende saadbedvoorbereiding
• Beter ontkieming
• Goeie gewasvestiging, wat lei tot beter opbrengste
• Onkruidbestuur en -beheer

“Die werklike sleutelkenmerk van die werktuig is onkruidbeheer. Met verskeie lemopsies wat ons op die masjien beskikbaar het, is die beheer en doodmaak van onkruid die kernvoordeel vir boere. As jy een onkruiddoder- of plaagdodertoediening in ‘n seisoen kan verwyder, spaar jy amper die koste van die masjien. Die meeste boere rapporteer ‘n terugbetaling van twaalf tot agttien maande op hulle belegging, wat meer wins en minder uitgawes meebring,” voeg Shane by.

Kelly Tillage-toerusting is reeds die afgelope sewe jaar aan Suid-Afrikaanse boere bekend. “Oor die jare het Kelly-produkte ‘n goeie reputasie ontwikkel, en die momentum wat ons met die produkbelangstelling het, is regtig positief. Dit is vir ons ’n groot eer om by NAMPO 2023 teenwoordig te wees waar ons ’n nuwe verhouding tussen Kelly Tillage en NMI kan vier,” sê Shane.

Hy gaan voort: “Ons sien uit na die vennootskap met NMI – die uitbreiding van ons verspreiding binne Suider-Afrika en veral regdeur Suid-Afrika. Ons is baie opgewonde oor hierdie vennootskap en nuwe geleentheid. Dit gee my gemoedsrus om te weet dat ons boere regoor die land die geleentheid gee om toegang tot hierdie tegnologie te kry, met die wete dat hulle goeie plaaslike diens en rugsteun van die NMI-span en handelaars sal hê.”
Vir meer inligting oor Northmec Implemente (NMI) en hulle voorslagtoerusting, besoek hul webwerf https://www.northmecimp.co.za.
Kyk na ‘n paar van die hoogtepunte in die video hieronder: