Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 23rd January 2026

New Holland se hooisnyers en -kneusers: ’n Snit bo die res

By 4 min read
703 words

Speedrower_200_Plus_23_003

SR200® PLUS: Gebou om die eise van die taaiste veldtoestande en hoë spoed te hanteer.

Produktiwiteit. Presisie. Effektiwiteit.

Die nuutste generasie SR200 Speedrowers is ontwikkel ná jare se gesprekke met hooimakers wat hul behoefte uitgespreek het vir ’n platsnyer wat hulle kan help om meer hooi per dag te sny. Die resultaat is die Speedrower® PLUS- selfaangedrewe platsnyer, wat uitstekende gemak vir bestuurders bied vanweë die gevorderde SensiDrive™-aandrywingsbeheer, hoër produktiwiteit as gevolg van die vinnigste snelhede in die bedryf sowel as maklik bruikbare presisie-oplossings en die gemaklikste rit nog.

Tydbesparing is vanselfsprekend met die SR200® PLUS-reeks wat ’n indrukwekkende topspoed van 32 km/h in die veld bied om jou vinnig van land tot land te laat beweeg. Die windrower is toegerus met die nuutste presisietegnologie, wat lei tot verhoogde produktiwiteit in alle aspekte. Met die druk van ’n knoppie verbeter die IntelliSteer™ Auto Guidance, wat in die fabriek geïnstalleer word, doeltreffendheid en gemak, terwyl dit bedryfskoste verlaag en jou wins verhoog. Boonop kan jy jou SR200® PLUS-windrower van enige plek en te alle tye monitor met die New Holland FieldOps™-plaasbestuurstelsel.

Die tyd wat jy tussen lande bespaar, help jou om elke dag meer hektare te sny. Vir maksimum bedryfstyd, bied die Speedrower® PLUS-reeks grondvlak-brandstoftoevoer, eenvoudige onderhoud en indrukwekkende onderhoudsintervalle. Wanneer jy jou windrower die eerste keer gebruik, is dit nie nodig om die stuurwiel te sentreer nie en kan jy moeiteloos met jou bedrywighede begin. Komplekse meganiese en hidromeganiese beheermaatreëls is uitgeskakel om ten einde daaglikse onderhoudspunte te verminder. Die SR200 kan toegerus word met óf die Durabine™ 416 óf 419 wat ’n snywydte van 4,9 tot 5,8 m kan bied.

Hoë gehalte. Hoë tonnemaat. Hoë spoed.

Die Discbine® 210-skyfsnyer-kneuser help jou om hooi van die hoogste gehalte te maak en meer daarvan te behou. Die gewas word noukeurig, skoon en vinnig gesny en word eenvormig gekneus, wat voedingstowwe behou. Die betroubare MowMax-stelsel verminder bekommernis, tyd, frustrasie en herstelkoste omdat dit ’n modulêre ontwerp is. Elke skyfmodule is onafhanklik, verseël in sy eie olie en word beskerm teen skadelike impakte deur eksklusiewe ShockPRO™-nawe.

Skerp messe gee jou die skoon snit wat jy wil hê – met minder oes wat agterbly. Gevolglik word die tonnemaat verhoog, jy kry vinnige hergroei en die voergehalte van die volgende sny is ’n gegewe. Dit is maklik om skerp te bly met die standaard QuickMax™-meswisselstelsel.

Versnelde hooidroging beteken nie net dat die hooi vinnig afgehaal kan word nie, maar laat jou toe om die gewas met maksimum voergehalte uit die land te kry. New Holland bied ’n effektiewe kneusingsoplossing wat die hooi vinnig droogmaak. Dit gebeur omdat die sagte rubber chevroninsnyrolle ratse, eindelose aanpassings aan die kneusingmeganisme verskaf om by die gewas en weerstoestande aan te pas.

Anders as ander sy-trek-skyfsnyers, draai die tong van die Disbine 210 aan die kant van die sleepraam, wat ’n duidelike uitsig op die voorkant van die masjien bied terwyl hooi tot ’n wydte van 3,2 m gesny word.

Betroubare en gerieflike skoon snywerk

Verhoog die opbrengs en voergehalte van jou hooiland deur ’n skoon, eenvormige sny te kies wat begin by die MowMax™-snybalk van die New Holland DuraDisc™ 210M-swaargewigskyfsnyer Aangesien dit noukeurig en skoon
sny, laat die DuraDisc-skyfsnyers minder oes agter om die tonnemaat gedurende elke sny te verhoog om gewigstoename, melkproduksie en uiteindelik die winsgewendheid en sukses van jou onderneming te verbeter.

Die MowMax™-snybalk is ontwerp met individuele skyfmodules met ’n aparte verseëlde ratkas en ’n toegewyde oliereservoir sodat die ratte behoorlik gesmeer bly, selfs wanneer daar teen heuwels gewerk word. Elke module beskik oor ’n ShockPRO™-naaf wat skadelike impakte absorbeer en die snybalk se aandrywing beskerm sou dit ’n hindernis tref.

Twee snykante op elke mes bied tweekeer die snyleeftyd. Standaard QuickMax™-messe laat jou toe om die messe maklik van die voorkant van die snybalk af om te draai of te vervang. Die 540-rpm PTO-aandrywing beskik oor ’n konstante snelheidsgewrig van 80 grade vir gladde, stil werking en om skerp draaie. ’n Sekondêre CV-aandrywingopsie laat jou toe om veldhindernisse te ‘stuur’ tydens die snyaksie in die veld. Die wiele is ook aan die binnekant van die snykant geleë om die aftrap van ongesnyde gewasse uit te skakel.

Vir meer inligting, besoek www.newholland.com/za of kontak Derrick Coetzee, produkbemarkingspesialis: Oes en hooitoerusting Suider-Afrika, by (+27)82-524-7447.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0