Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 25th August 2023

New Holland Landbou – Reg vir more!

By 3 min read
673 words

BB_1270_Plus_Density_22_224.eps

Die nuwe BigBaler 1270 Plus Density baler bied professionele baalprestasie wat in alle gewasse gewaarborg word.

Sny en Baal met vertroue

New Holland plaas al meer as drie dekades die ‘groot’ in groot vierkante baal. Sedert sy eerste grootbalers in 1987 van die produksielyn afgerol het, is sowat 30 000 eenhede wereldwyd afgelewer.

Die nuwe BigBaler 1270 Plus Density baler bied professionele baalprestasie wat in alle gewasse gewaarborg word, en lewer konstante baaldigtheid wat die beste in sy klas is. Daar word ongeveer 10% meer digtheid verkry, in vergelyking met normale balers, deur die baalkamer te versterk en die druk op te stoot.

Verder het dit al die kenmerke en tegnologie van die BB Plus baler-reeks, soos:

  1. Die Loop Master™-knooptegnologie. Die tweede knoop is nou ’n lusstylknoop in vergelyking met die bekende dubbele knoopstelsel. Hierdie lusknoop is 37% sterker as ’n standaardknoop. Dit lei tot ’n toename van tot 26% in algehele treksterkte vir verminderde breekskade. Nog belangriker – dit elimineer afgesnyde dele tou, wat tans in die lande agterbly en moontlik in voer kan beland. Dit klink miskien nie na baie nie, maar dis meer as 6 km of 46 kg tou wat bespaar word in ’n baalseisoen met 10 000 bale.
  2. Hierdie Baler is verder ontwerp met makliker onderhoud in gedagte, want die produsent wil immers meer tyd spandeer om te baal en minder tyd in die werf! Doeltreffende funksies soos minimale daaglikse smeerpunte, wye openings kante en voorskerm asook maklike toegang tot die onderkant van die baler is beskikbaar. Die optelroller het belde met plastiese tande, wat dit vinniger en makliker vervangbaar maak. Die groot, plat boonste bedieningsdek bied onmiddellike toegang tot die knoopstelsel.
  3. Opsies soos die IntelliSteer ISOBUS III stelsel wat die trekkerspoed aanpas by die baler om produktiwiteit te maksimeer is ook beskikbaar.
  4. Data wat met die GPS-stelsel opgeneem word kan ook in die MyPLM® Connect-portaal ontleed word

Die BB1290 HD (hoe digtheid) balers, met Packer of rotor sny-aksie, kan bale met ’n digtheid van tot 22% hoër as konvensionele balers lewer. Dit lei tot doeltreffender logistiek en makliker vervoer van bale. Hierdie baler is dus ideaal vir professionele baalkontrakteurs en baal handelaars.

Voortdurende verbetering. Moderne stilering. Eenvoudigheid bewys.

Die nuwe Roll-Bar™ 125 vastekamerbaler produseer ‘n baal van 1,25 m deursnee en is gebou op die sterk erfenis en DNA van die beste verkoper BR6000 reeks. Die bewese eienskappe van eenvoudige betroubare dryflyne, maklike instandhouding en hoë oesbuigsaamheid is verbeter om aan die behoeftes van vandag se boerderybedrywighede te voldoen. Moderne syskerms gee ‘n stylvolle voorkoms en vergemaklik diens met hul meeuvlerk-openingontwerp. Alle hoofaandrywingkettings is versterk om maksimum betroubaarheid te verseker. Nuwe verseëlde laers in sleutelareas en ‘n hidrouliese rotor tru-skakelaar is beskikbaar van die fabriek af. Daar is ‘n keuse van voerstelsels en as jy die oes moet sny, is die CropCutter™-stelsel ook beskikbaar. Wat jy ook al moet baal, die New Holland Roll-Bar™ 125-baler kan gespesifiseer word om aan jou vereistes te voldoen.

Ander ronde balers beskikbaar is die RB150 veranderlike kamer baler wat baal groottes vanaf 0.9 tot 1.5m kan maak. Die RB125 roller baler werk uitstekend vir kuilvoer bale.

Die gewilde BC5060 stampbaler en 275 Hayline vierkant balers maak die reeks volledig.

Die nuwe Roll-Bar™ 125 vastekamerbaler produseer ‘n baal van 1,25 m deursnee en is gebou op die sterk erfenis en DNA van die beste verkoper BR6000 reeks.

Snyers en Snyer-kneusers

New Holland bou die kant-sleep eenheid 210M snyer en die D210 snyer kneuser wat 3.2m breed sny. Die gewilde middelpunt-sleep snyer kneuser eenhede, nl. 313 & 316 sny 4.0m en 5.0m breed onderskeidelik. Die gewilde Mowmax™ skyfsnyer-stelsel word nog steeds taai gebou en bied minimale onderhoud. Shockpro™ spilpunte absorbeer die impak wat obstruksies kan veroorsaak. Indien die ringrat breek kan dit maklik in die land vervang word om verder te sny. Rubber kneuser rollers is verstelbaar na gelang van die materiaal en druk wat toegepas moet word.

Finansiering

Al hierdie hooitoerusting kry finansierings subsidies en jy kan dus dit finansier vanaf Prima -5% met 20% deposito oor 3 jaar (36 maande). Jou aankope se BTW-gedeelte word saam met die finansiering hanteer en jy kan die BTW binne 3 maande terugvorder. Dit verminder dus die aanvanklike deposito aansienlik en versterk sodoende jou kontantvloei.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0