NAMPO Oesdag 2026: Dink Groot. Dink New Holland

4
Met die klem op groot masjiene fokus New Holland hierdie jaar op die nuwe CR10-stroper en die opgegradeerde T9®– en Genesis T8®-trekkerreekse. New Holland bevestig hiermee dat hulle een van die sleutelverskaffers is van groot landboutoerusting aan produsente wat hierdie toerusting benodig.
Tydens die NAMPO-oesdag sal New Holland ’n indrukwekkende reeks werktuie by sy standplaas, A2 en A3, ten toon stel. Dit weerspieël die maatskappy se verbintenis tot die vooruitgang van boerderypraktyke. Besoek ons gerus en besigtig die nuwe produkte en verbeterings aan bestaande modelle van naderby.
New Holland het in 1975 baanbrekerswerk gedoen met die gebruik van dubbelrotors vir dors en skeiding met die bekendstelling van Twin Rotor™-stropers. Meer as 50 jaar later het dié tegnologie die kenmerk geword van byna elke hoë-uitsetstroper. Die nuwe CR10-stroper is New Holland se antwoord op die boerdery-eise van vandag én môre. Dit is ontwerp om graanverliese te minimaliseer, graangehalte te beskerm, lopende koste laag te hou en die boer se landerye in die beste toestand te laat vir die volgende seisoen. Die manier waarop stropers ontwerp word, is heroorweeg en ’n heeltemal nuwe ontwerp en dryflyn is geskep.
Die CR10 is ongeëwenaard – die 24 duim-rotors in ’n wyer en langer dorskompartement, voer ’n 16 000 liter-graantenk en laai die oes teen ’n vinnige 210 liter/sek af. Die Twin Clean™-skoonmaakskoen bevat twee skoonmaakstelsels wat gelyktydig loop, met twee boonste en twee onderste siwwe, twee skoongraansensors en twee stelle druksensors om die skoonmaakskoenlading te meet.
Dié stelsel is revolusionêr in die bedryf. Dit is ten volle outomaties om egalige kruisverspreiding van die skoonmaakskoen te waarborg vir maksimum kapasiteit teen verliesvlakke van byna nul. Die bekroonde IntelliSpread™-radar outomatiseer die verspreidingsbeheer om volle en egalige restebedekking van tot 18 m agter die stroper te verseker, ongeag windtoestande, gewassoort of vogtoestande.

Die Genesis® T8-reeks het onlangs opgraderings gekry om aan meer doeleindes van die bedryf te voldoen. Daar is genoeg krag van enjins wat 195-297 kW lewer (±5% meer as die vorige reeks), volledig gesinchroniseerde Ultra Command™ kragskakeltransmissie of die Auto Command™ deurlopend veranderlike transmissie (CVT) om hierdie krag na die swaargewig-aste, robuuste driepuntskakels en trekstange oor te dra. Dit alles dra by tot optimale werkverrigting tydens grondvoorbereidingswerk.
Die 328 liter/min mega-vloei hidrouliese pomp met ses volledige hidrouliese koppelings verseker langdurige werking van enige implement of planter.
Kajuitsuspensie is nou standaard en dit kom met 2 x Intelliview™ 12-raakskerms om al jou implemente en toedienings te hanteer. ’n Geïntegreerde telematika-beheerstelsel is nou lewenslank beskikbaar en dit maak die sigbaarheid van jou vloot maklik. Saam met die FieldOps-databasisstelsel het jy volle beheer oor jou plaas en vloot. Die FieldOps-stelsel is gratis en jy kan al jou toerusting daarin inkorporeer.
Daar is steeds twee modelle in die reeks wat toegerus word met die bekende agterste SmartTrax-stelsels. Hierdie rusperbande gee jou ’n beter voetspoor, dryfvermoë en vastrapvermoë in sanderige grond of nat toestande.
Die T9®-reeks met PLM Intelligence-trekkers vertoon die beste van New Holland se krag van 312 kW tot 474 kW (±6% meer as die vorige reeks), gemak, doeltreffendheid en veelsydigheid. Met PLM Intelligence-gekoppelde funksies wat in die trekker geïntegreer is, soos in die geval van die Genesis T8® hierbo, is die T9®-reeks die mees gevorderde en kragtige vierwielaangedrewe trekkers wat New Holland nog aangebied het. Binne die kajuit van hierdie trekkerreeks ervaar operateurs PLM Intelligence-tegnologie wat eenvoudige kontroles met groter beheer en aanpasbaarheid kombineer.

Kajuitsuspensie is nou standaard en dit kom met 2 x Intelliview 12-raakskerms om al jou implemente en toedienings te hanteer. MegaFlow™ II hidroulika van 428 liter/minuut is ook nou standaard saam met ses volledige hidrouliese koppelings.
Die afdeling presisietegnologie sal op die NAMPO-standplaas inligting verskaf oor die nuutste FieldOps-, Raven- en FleetPro-stelsels.
Reusebesparings op New Holland-toerusting sal tydens NAMPO van toepassing wees. Verdere besonderhede sal verskaf word.
Vir enige navrae, kontak jou naaste New Holland-handelaar of besoek www.newholland.com/za