Categories: NewsPublished On: 26th May 2016

NAMPO-nuus: Van die skaapkraal tot by 4×4 waentjies

By 3 min read
600 words

ProAgri het op NAMPO by ‘n wye verskeidenheid uitstallers gaan inloer en ‘n klomp dinge gesien wat die boer se lewe heelwat makliker kan maak. Lees meer hieronder oor SA Vleismerino, NWKV Skaapskeer, Centurion Akademie, Lakeside Toerusting en Echo 4×4.

SA Vleismerino

Die veeboere by NAMPO kon verskeie skaaprasse besoek, navrae oor die wol doen en selfs die wol bestudeer. Die SA Vleismerino is ‘n ware dubbeldoelras wat puik presteer. Die boere wat by SAVM se kampie gaan draai het, was daar om meer inligting oor die ras te kry. “Daar was al baie mense by ons vir navrae. Ons verwys hulle na mense in hulle eie omgewing wat hulle kan help, want daar is telers verspreid oor die land. Ons gee vir hulle raad uit praktiese ervaring,” sê Jan Vosloo. Op NAMPO het is vier ramme en drie ooie, elk met ‘n tweelinge, vertoon. “Ons ras kry baie meerlinge en is vrugbaarder. Mense kyk veral na die wol, maar dit is ‘n ook baie goeie vleisras. Ons lamsvleisproduksie is uitstekend, die superlammers het topgehalte vleis wat sag, sappig en smaaklik is. Die skaap vaar goed op sowel weiding as in die voerkraal, maar in die Karoo veral op weiding. Die voeromsetdoeltreffendheid van die skaap is ook baie goed,” sê hy. SAVM se mense het ook promosie-items soos klere by hulle standplaas verkoop. Corrie Claassen hou een van SA Vleismerino se klein lammetjies vas.

22

23

24

NWKV Skaapskeer

Terwyl boere en hulle kinders deur die verskeie skaaprasse loop, loop hulle verby die skaapskeerskuur. Izak Klopper, die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV)  se skaapskeerbeampte, sê hulle skeerdemonstrasies se doel is om skeer as ‘n beroep aan mense bekend te stel.

Die skape word met die hand en die masjien geskeer en hulle gebruik SA kampioene om die skeerdemonstrasie te doen. Die NWKV bied ook enige plek in Suid-Afrika tiendagkursusse aan om mense wat daarin belangstel te leer hoe om ‘n skaap te skeer. Die skape wat hulle vir die demonstrasies by NAMPO skeer, is Merino-ooie wat uit die Bothaville-omgewing kom. “Ons gee vir mense inligting oor die moontlikhede wat die werk vir jou bied. Baie navrae kom van skoolkinders.” Hulle bied ook kursusse by landbouskole soos Hendrik Potgieter Landbouskool in Reddersburg en Marlow in Cradock aan. “Skeerders kry tans R4,50 per skaap wat hulle skeer, maar hulle kan tot R7 betaal word,” sê Izak.

25

Centurion Akademie

Boere se vrouens en kinders wil ook meer oor naskoolse kwalifikasies uitvind. Centurion Akademie se uitstalling het heelwat voornemende studente gelok. “Die ouers en skoolkinders kom besoek ons albei,” sê Brenda Venter, wat die uitstalling beman het. “Hulle wil inligting hê soos waar die Akademie is, die toelatingsvereistes en die tipe kwalifikasies wat daar verwerf kan word. Ons het ook registrasievorms hier wat hulle kan invul. Van Centurion Akademie se studente werk by die Polkadot-koffiewinkel op NAMPO –  dit is ook ‘n werksgeleentheid vir hulle.”

26

Lakeside Toerusting

Lakeside Toerusting is pompvervaardigers wat pasgemaakte oplossings vir die landbou vind. Hulle rekenaarbeheerde pompe maak sake reds vir talle boere in Suid-Afrika makliker. “Ons kry goeie terugvoer by NAMPO. Mense wat NAMPO besoek is ernstig oor gehalte en koop nie sommer net enigiets nie,” sê Tony Stipcich. Hulle spesialiseer onder meer in draaivaanpompe met positiewe verplasing, vertikale derineerpompe, peristaltiesegorrelpompe, flodderpompe, vakuumpompe, korfsiwwe en ander pomptoerusting.

32

Echo 4×4

Kampeerliefhebbers het na Echo 4×4 gestroom om te kyk watter verskeidenheid kampeerwaentjies hulle beskikbaar het. Die nuutste by die Echo-tent was die Echo 5 Tech wat vir die eerste keer NAMPO bekendgestel is. Hierdie Echo 5 Tech het onafhanklike vering, ‘n ingeboude waterverwarmer, vlekvrystaal-gasstoof, fietsrak, ingeboude tafel en yskas. Hierdie droomwa vir kampeerders is teen ‘n spesiale prys by NAMPO aangebied.

27

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0