Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 3rd October 2022

NAMPO Kaap: JDI en boere kuier weer saam

By 2 min read
359 words

306322510_5692403544137797_5005533780045354689_n

Die JDI-span pronk trots by die John Deere X9-stroper tydens NAMPO Kaap 2022.

՚n Gewilde besoekpunt vir boere by NAMPO Kaap was JDI (JD Implemente) se aanskoulike uitstalling. JDI is immers die toonaangewende verskaffer van voortreflike werktuie wat boere in die Overberg-gebied volstoom en voorspoedig aan die boer hou.

Daar is geen twyfel dat John Deere ՚n markleier in tegnologie en landboutoerusting is nie. By vanjaar se NAMPO Kaap was John Deere se standplaas onder leiding van die JDI-span weer stampvol belangstellendes wat van naby en ver kom kyk het wat nuut is. Die JDI-span was oorgehaal en gretig om meer inligting aan boere te verskaf.

JDI se leuse: Altyd gereed om te dien, het boekdele gespreek met hulle span wat slaggereed was om boere en skougangers te verwelkom en by te staan by hulle standplaas.

“Met die langverwagte hervatting van NAMPO Kaap, na twee jaar se afwesigheid weens Covid, is dit lekker om weer terug te wees,” verklaar Arnold Jordaan, takbestuurder van JDI Bredasdorp. “By vanjaar se NAMPO Kaap het ons ՚n paar hoogtepunte. Een daarvan is die splinternuwe John Deere X9-stroper wat vir die eerste keer sy verskyning op Kaapse grond gemaak het.”

John Deere het gedurende NAMPO Kaap ՚n spesiale aanbieding op hulle 40 tot 100 kW-trekkerreeks gehad.

John Deere se nuwe 8R-trekkers, asook die 6M-trekkers was ook ՚n groot trekpleisters. Boere was ook beïndruk met die nuwe R-reeks-selfloperspuite by hulle standplaas. John Deere se klerereeks en speelgoed was natuurlik ook weer ՚n hoogtepunt by hulle stalletjie.

Arnold sê: “Ons is trots om ՚n groot verskeidenheid landboutoerusting aan te bied.” Die Presisie-afdeling se tegniese span het ook al die vrae wat boere gevra het flink en verstaanbaar geantwoord.

“Ons is trots om JDI as handelaar te kan hê wat ons in hierdie gebied verteenwoordig,” sê Barend van Heerden, gebiedsbestuurder van John Deere, Wes- en Oos Kaap. “Hulle bied vir meeras veertig jaar al wêreldklas diens en dit is ՚n absolute voorreg om met hulle geassosieer te kan word en ook met hulle sake te kan doen.”

JDI is ՚n trotse verskaffer van John Deere-, LEMKEN-, STHIL- en JCB-produkte. Vir meer inligting oor JDI, besoek hulle webwerf by http://www.jdimplemente.co.za/ of kontak hulle by (+27)28-514-2700.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0