Naelbyt-stryd by die jaarlikse King Price Balerwedstryd

DSC_0950
deur Redaksie
Op julle merke … gereed … baal!
՚n Opwindende byeenkoms op die landboukalender is die King Pice Balerwedstryd wat in samewerking met FarmSpace aangebied word. Vanjaar het boere en deelnemers die gietende reën en bewolkte weer getrotseer om te sien wie bekroon gaan word as die wenner van die jaarlikse balerwedstryd.
Die Balerwedstryd vind buite Parys plaas waar die grootste name in die vervaardiging van baaltoerusting teen mekaar meeding en teen tyd jaag om die meeste ton gebaalde hooi per uur te lewer.
Regs: Kuhn se VB 3160-baler het die derde plek behaal in die veranderlikekamer-afdeling, gesleep deur ‘n Valtra T195V. Die operateur was Devin Dedwith van Valtrac.
Verlede jaar het Vermeer se 404-vastekamerbaler en 504-veranderlikekamerbaler eerste en tweede plek verower.
Die wedstryd vind plaas op droëland waarop smutsvinger geplant is en elke vervaardiger se topmodelle in baaltoerusting word tot op hulle grense getoets in terme van spoed, doeltreffendheid en krag.
Dit is nie nét ՚n wedstryd nie, maar ook ՚n geleentheid vir die maatskappye om hulle nuutste tegnologie en vernuwings ten toon te stel en om moontlikheidsgrense in die wêreld van baaltoerusting te verskuif. Dit is ՚n kans om te sien hoe die heel beste masjiene en vaardige baalmasjienjokkies hulleself tot die uiterste beproef om te kan wen.
Regs: Toeskouers bekyk die bale van hoek tot kant.
Die spanning het hoog geloop terwyl die deelnemers teen die horlosie baal om op die vorige jaar se gehalte bale te verbeter en om die titel vir vinnigste en beste baaltoerusting te verower. Die punte word uitgewerk deur ՚n kombinasie van ton per uur en baaldigtheid.
Case IH het behoorlik hulle staal gewys en skoonskip gemaak met hulle nuwe balerreeks. Case IH se RB 455-baler, gesleep deur ՚n Case Puma 155, het die veranderlikekamer-afdeling gewen. Case het ook tweede plek in die vastekamer-afdeling behaal met hulle RB 545-baler gesleep deur ՚n Case Puma 140.
Regs: Krone se Comprima F 125 baler het die derde plek behaal in die vastekamer-afdeling. ՚n John Deere 6R 185 het die baler gesleep.
Kuhn het ook koning gekraai met hulle FB 3130-baler wat die vasteka-merafdeling gewen het. Die baler is gesleep deur ՚n Valtra N175V.
Kuhn se VB 3160-baler, gesleep deur ՚n Valtra T195V, het ook die derde plek in die veranderlikekamer-afdeling behaal.

Die McHale V6 750 het in Case se nek geblaas en kort op hulle hakke in tweede plek in die veranderlikekamerbaler-afdeling geëindig. Die groen gevaar is deur ՚n Fendt 720 Vario gesleep.
Die Krone Comprima F 125-baler, gesleep deur ՚n John Deere 6R 185, het ՚n welverdiende derde plek in die vastekamer-afdeling behaal.
Jy kan sakke vol geld bespaar deur die regte baler te kies.
Die finale uitslae in sowel die vaste- as die veranderlikekamer-afdelings was:






