Myburgh Toerusting: Só vul jy ‘n planter in minder as vyf minute

myburgh toerusting planter
Myburgh Toerusting vervaardig ‘n verskeidenheid landboutoerusting wat ontstaan het uit boere se behoeftes. Die nuutste toevoeging is ‘n metode om massasaad en -kunsmis te hanteer.
Jannie Myburg sê: “Wanneer jy wil oorgaan na massahantering is daar ‘n paar belangrike eienskappe wat jy van die stelsel verwag en ons het dit alles in ag geneem.”
Die eienskappe is:
- Betroubaarheid: Jy wil nie in plantseisoen sukkel met ‘n stelsel nie.
- Spoed: Dit help nie die stelsel is stadiger as jou arbeid nie.
- Bekostigbaarheid: Ons rentekoers is te hoog om baie te betaal vir toerusting.
- Eenvoud: Help nie die stelsel is so ingewikkeld dat jy dit self moet doen nie.
- Metode: Moet nie jou produk beskadig nie.
- Duursaamheid: Jy wil nie die stelsel elke twee jaar vevang nie.
Kliek hier om na die video te kyk.
Kontak gerus vir Jannie Myburgh by 082-417-0175 vir enige navrae.