Categories: VeiligheidPublished On: 2nd March 2022

My Kleine Winkel: Sekuriteitsbenodighede teen sakpas pryse

By 2 min read
443 words

my-kleine-winkel

My Kleine Winkel bied ‘n verskeidenheid, bekostigbare veiligheids- en sekuriteit verwante produkte teen sakpaspryse en dit alles gerieflik bekombaar deur hul aanlyn platvorm. Le Roux Fourie, besturende direkteur van My Kleine Winkel het 12 jaar se ondervinding in tegnologiese sekuriteit, stap die ekstra myl vir sy kliënte en skroom nie om te help met kliëntediens nie.

Hulle verkoop verskeie bekostigbare sekuriteit produkte wat ook vroeë waarskuwingstelsels insluit.

Sonkrag geslotekringtelevisie (CCTV) kameras

Die infrarooi nagvisie-kamera is ‘n klein kompakte kamera. (foto bron: mkwinkel.co.za)

3G/4G Sonkrag geslotekringtelevisie-, buite gebruik sonkrag alarm- en infrarooi nagvisie-kameras

Hierdie kameras kan enige plek gebruik word solank daar ‘n voldoende internetverbinding is. “Die kamera gebruik slegs 5MB data per minuut,” vertel Le Roux. “Dit is ‘n waardevolle draadlose oplossing omdat dit geen kabels benodig nie – net sonkrag en ‘n betroubare 3G/4G-netwerkverbinding.”

Omdat dit draadloos is, is die installering van hierdie geslotekringtelevisie kamera eenvoudig.

Met sekere modelle soos die infrarooi nagvisie-kamera is dit moontlik om in die donker duideliker te sien as met ‘n 720p-kamera.

Troeteldier vriendelike sonkrag bewegings alarm stelsel. (foto bron: mkwinkel.co.za)

Sonkrag bewegings alarmstelsels

Almal het ‘n vroeë waarskuwingstelsel nodig, al is dit net ‘n afskrikmiddel, en dit is presies wat hierdie toestel verskaf.

Die Sonkrag Bewegings Verklikker 1 is ‘n draadlose vroeë waarskuwingstelsel wat geen bykomende bedrading benodig nie – perfek vir enige doen-dit-jouself installeering. Die toestel is ontwerp vir buitehuis gebruik en het ‘n IP65-waterdigte gradering.

Die sonpaneel kragbron maak dit ideaal vir die gebruik in Suid-Afrika, omdat dit kragprobleme as gevolg van beurtkrag of kabeldiefstal omseil.

Daar is verskeie modelle wat troeteldiere van ‘n middelmatige grootte in ag neem, maar die meeste van die toestelle is nie troeteldiervriendelik nie.

Die sonkrag LED vloedlig beskikbaar in verskillende Watts. (foto bron: mkwinkel.co.za)

Sonkrag LED Spreilig

Omdat misdadigers verkies om in donkerhoekies of swak beligte areas weg te kruip, kan sonkrag LED spreiligte hulle wegdryf. Met ‘n buite sonkrag LED spreilig kan jy misdadigers afskrik en só diefstal bekamp.

Die Waghond

Die Waghond kan aan enige ingang, uitgang of persoonlike item geheg word wat beskerming teen indringers of inbrekers bestry. Die AVP Waghond werk met batterye, daarom kan dit selfs rongedra word. Die batterylewe kan ook tot meer as ‘n jaar verleng word indien dit versoek word.

Die Waghond het nie selfoonontvangs of Wi-Fi- sein nodig om te werk nie. (foto bron: mkwinkel.co.za)

Vir enige verdere inligting gaan besoek gerus hulle webtuiste by www.mkwinkel.co.za, of hul Facebook blad  https://www.facebook.com/mkwinkel.

Om direk kontak te maak met Le Roux Fourie, skakel hom by +27 61 939 0148 of stuur ‘n epos na verkope@mkwinkel.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0