Categories: NewsPublished On: 5th October 2015

MPO nuus: Melkprodusente sluk swaar aan prysverlagings

By 1 min read
224 words

Om sewe dae per week kliphard te werk is nie genoeg om melkboere tot die uiterste te toets nie. Prysverlagings wat gereeld afgekondig word, dreig ook om enige gesoute melkboer se rug te breek.

Die Oos-Kaapse melkverwerker, Woodlands, het aangekondig dat hulle melkboere vanaf 1 September 2015 50c per liter minder gaan betaal. Woodlands, beweer die opgaar van produkte met ‘n langer raklewe, soos melkpoeier en UHT-melk, het tot die prysdaling gelei.

Die Vrystaat se melkboere is ook hard getref deur onlangse prysverlagings. Die huidige ooraanbod, lae internasionale produsente- en suiwelpryse, hoë invoervolumes en laer produsentepryse wat melkkopers as verskoning vir die laer produsentepryse aanvoer,  het die sentrale melkboere hard getref. Sommige melkkopers in die provinsie het produsente laat weet dat hulle melkwinning vanaf hulle plase gaan staak tussen 31 Julie en 30 September 2015. Dit kom neer op altesaam 130 000 liter per dag waarvoor nuwe kopers gevind moet word.

Asof die prysverlaging nog nie genoeg is nie, het verskeie boere ook nie hulle volle betaling ontvang vir melk wat in Mei 2015 gelewer is nie. Dit vererger boere se kosteknyptang en verhoog die risiko so dat hierdie boere die bedryf kan verlaat.

Volgens die MPO doen hulle, soos in die verlede, alles moontlik om boere by te staan met die verkryging van nuwe markte en die fasilitering van die betaling van melk wat reeds verskaf is.

Bron: MPO

 

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0