Categories: Crop production, SeedPublished On: 11th March 2016

Monsanto is veel meer as ‘n saadsmous

By 5 min read
1018 words

monsanto

Landbou is so onvoorspelbaar soos volgende week se weer. Die afgelope drie jaar se droogtes en verlede jaar se rekordbreker is ’n sprekende bewys daarvan. Dit maak dat alle rolspelers in die bedryf al daaraan gewoond is om ’n magdom veranderlikes te trotseer. Maar dit beteken nie dat die fynste wetenskaplike navorsing en proewe nie deurlopend gedoen moet word om die bedryf se volhoubaarheid te verseker nie. Daarvoor het Monsanto ’n paar proefplase regoor die land se mieliestreke wat jaar na jaar nuwe kultivars op dieselfde plekke toets. Daarmee skakel hulle die liggingveranderlikes uit. Natuurlik is dit noodsaaklik om elke jaar ’n inligtingsdag vir elke streek se mielieboere op dié proefplase te hou sodat hulle die jongste mielietegnologie kan sien wat die volgende jaar hulle risiko’s sal verminder. Monsanto se drie inligtingsdae op Lichtenburg, Heidelberg en Bethal was baie suksesvol en alhoewel die atmosfeer onder die westelike boere as gevolg van die droogte steeds baie somber is, kon die oostelike boere darem glimlag oor heelwat pitte wat hulle betyds in die grond kon kry.

Deeglike studies is tydrowend en die kultivars wat volgende seisoen in die mark gaan wees moes oor die afgelope vier jaar hulle staal wys terwyl hulle onder verskillende omstandighede gemoniteer is. Monsanto se geel 73-reeks vlagskip is vanjaar onttroon deur die 68-, 71- en 74-reekse wat sake in die oostelike streek drasties gaan verbeter. In die Noord-Kaap en besproeiingsgebiede gaan die 64- en 65-reekse grense verskuif. In die witmieliestal gaan die 78- en 79-reekse die boere in die ooste se lewe ook aansienlik makliker maak.

Boere in die Heidelberg-streek luister aandagtig na Jaco van Zyl. Hy is Monsanto se landboukundige in die oostelike streek en hier verduidelik hy aan die boere waarna hulle moet kyk as hulle volgende jaar kultivars kies.

Boere in die Heidelberg-streek luister aandagtig na Jaco van Zyl. Hy is Monsanto se landboukundige in die oostelike streek en hier verduidelik hy aan die boere waarna hulle moet kyk as hulle volgende jaar kultivars kies.

 

Verbeter lewensgehalte

Buiten kommersiële boere, beteken Monsanto se biotegnologie uitstekende voorspoed vir kleinboere wie se oeste maklik kan verdubbel nadat hulle die biotegnologie-roete begin volg het. “Ons wil bekend staan as die biotegnologiemaatskappy wat ’n betekenisvolle bydrae maak om die mensdom se lewensgehalte te verbeter,” sê Bennie Bester, Monsanto se bedryfsbestuurder vir saad. Soos enige betaamlike maatskappy wat die risiko dra vir nuwe produkte wat in die mark beskikbaar gestel word, sorg Monsanto se naverkopediens dat boere jaar na jaar weer hulle saad wil plant. Niks is so gerusstellend vir ’n boer soos die wete dat sy saadmaatskappy hom ten volle sal vergoed indien daar dalk ’n foutjie aan hulle kant insluip nie.

“Na die bestuiwingsprobleem van 2009 het ons meer as R400-miljoen aan eise uitbetaal sodat elke benadeelde boer in sy vorige posisie herstel kon word. Hierdie was ‘n groot en duur bemarkingsoefening maar ook ’n uitstekende toekomsbelegging, want vandag pluk ons die vrugte daarvan in ons getroue mark,” sê Bennie. Meer onlangs het baardknyp verhoed dat die boere in die ooste se mielies na wense bestuif is, maar getrou aan Monsanto se aard het hulle die probleem ernstig opgeneem en die boere ruimskoots vergoed. Buiten om pa te staan vir hulle tegnologie, maak Monsanto deurlopend planne om landbouvolhoubaarhei te verseker.

Die afgelope droogte beteken dat baie boere in ’n geldelike verknorsing sit, maar Bennie sê Monsanto bied ’n uitkoms: “Die 2015-2016 seisoen is die mees uitdagende seisoen wat ek in my loopbaan ondervind het. Nie soseer in die ooste nie maar in die weste is daar skokkende verhale wat ek met u kan deel. As ’n maatskappy het ons onsself afgevra wat kan ons doen om die boere te help en om hulle aan die gang te hou.

“Met ons saadterugneemprogram het ons begroot om tot 170 000 sakkies kosteloos by die boere te gaan haal of in te ruil vir korter groeiers, wat natuurlik reuse geldelike implikasies vir ons inhou. “Gelukkig het die reën in sekere dele gekom en dit was nie nodig om die program ten volle te benut nie.” Monsanto het ook ’n uitstelprogram wat dit moontlik maak vir boere om hulle graanrekening later te vereffen.

Riaan Rossouw is ’n landboukundige by Monsanto. Hy is ook die tegnologie- ontwikkelingsverteenwoordiger wat verantwoordelik is vir die proewe wat op Swaelkrans buite Heidelberg gedoen word. Hy verduidelik wat die invloed van verskillende rywydtes op die nuwe kultivars is.

Riaan Rossouw is ’n landboukundige by Monsanto. Hy is ook die tegnologie- ontwikkelingsverteenwoordiger wat verantwoordelik is vir die proewe wat op Swaelkrans buite Heidelberg gedoen word. Hy verduidelik wat die invloed van verskillende rywydtes op die nuwe kultivars is.

Die tegnologie hou nie op nie

Die nuwe deurbraak wat Monsanto ’n paar jaar gelede gemaak het, is om ’n droogtebestande DroughtGard™-geen te ontwikkel wat reeds die Amerikaanse boere gaande het. Hierdie geen stel die mielie in staat om die beperkte vog in droë gebiede meer geredelik op te neem en beter te bewaar tussen daardie wisselvallige reënbuie. “Ons het verlede jaar die regulatoriese goedkeuring gekry om dié droogtegeen in ons Suid-Afrika-kultivars te toets en ons voorsien dat die kultivars en hulle stapelgeen in die 2017/2018 seisoen vir boere beskikbaar gaan wees,” sê Bennie.

Die nuwe dicamba-verdraagsaamheidgeen wat spesiaal vir soja en mielies ontwikkel word, is ook op die horison. Hierdie tegnologie beloof om ’n beduidende verhoging in opbrengs vir boere te beteken. Buiten genetika het Monsanto ook die groot stap geneem om hulle in die wêreld van presisieboerdery te begewe, want hierdie bedryf beweeg so vinnig nader aan die ontwikkeling van doeltreffende saad dat dit tyd is om hande te vat. Monsanto het onlangs miljoene dollar belê in die oorkoop van ’n maatskappy met die naam The Climate Corporation. Hulle versamel enige onverwerkte inligting wat ’n invloed op landbou het en verwerk dit tot ’n bruikbare wetenskap vir die boer. Daar bestaan geen twyfel dat hierdie stap Monsanto-boere op ’n volgende vlak van presisievernuf sal plaas nie.

Duisende Suid-Afrikaanse boere het hulle toevlug na Monsanto geneem omdat dit die landboumaatskappy is wat baie meer bied as net saad. Jy kan nie die volgende plantseisoen ingaan sonder om vir Magda du Toit by 082-388-0187, 011-790-8254 of magda.du.toit@monsanto.com te kontak nie.

Kobus Steenekamp, Monsanto Suid-Afrika se bestuurder; Mof Krugel, Monsanto se streeksverkoopsbestuurder; Piet Moolman, boer en eienaar van Swaelkrans, en Bennie Bester, Monsanto se bedryfsbestuurder vir saad, is baie tevrede met die Inligtingsdag buite Heidelberg.

Kobus Steenekamp, Monsanto Suid-Afrika se bestuurder; Mof Krugel, Monsanto se streeksverkoopsbestuurder; Piet Moolman, boer en eienaar van Swaelkrans, en Bennie Bester, Monsanto se bedryfsbestuurder vir saad, is baie tevrede met die In
ligtingsdag buite Heidelberg.

Kruger van Wyk, die nuwe verkoopsverteenwoordiger in die Heidelberg/ Balfour streek, verduidelik wat die verskillende nuwe kultivars se eienskappe is.

Kruger van Wyk, die nuwe verkoopsverteenwoordiger in die Heidelberg/ Balfour streek, verduidelik wat die verskillende nuwe kultivars se eienskappe is.

0
Tags:

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0