Monitor Engineering se TeeJet DynaJet stelsel verlaag jou chemiese gebruik en onkoste
TeeJet Thumbnail (1)
Christiaan Rheeders van RP Agri gesels oor die TeeJet se DynaJet spuitstelsel wat ‘n aansienlike besparing kan lewer op die gebruik van chemiese stowwe.
Die DynaJet stelsel lewer gevorderde draaikompensering wat, wanneer jy draai, beweeg die balk aan die buitebaan vinniger as die ander punt, maar dan versprei PWM die spuitstof oral eweredig.
Dit bied ook indiwiduele spuitpuntafskakeling: Elke spuitpunt is ՚n afdeling wat een-vir-een afgeskakel kan word wanneer die spuit oor ՚n deel van die land wat reeds bespuit is beweeg. Dit skakel vermorsing deur dubbelbespuiting heeltemal uit.
Laastens kan die boer ook verstelbare tempo “on the go” verwag. Dit beteken dat voorskrifkaarte op die skerm sorg dat elke deel van die land teen presies die regte tempo bespuit word. Aanpassings op kolle per spuitpunt kan net daar en dan gemaak word.
Vind meer uit in ons atikel.
As jy wil uitvind wat hierdie stelsel op jou plaas kan verrig, besoek http://www.teejet.com/