Categories: Artikels, Nuus, Vee en WildPublished On: 15th June 2022

MOLOPO ILE DE FRANCE GROEP SE 16de PRODUKSIEVEILING ‘n SUKSES

By 1 min read
240 words

DUURSTE OOI LOT 58, JR18-027 R 30 000-00

Duurste ooi

Die Molopo Ile de France Groepveiling wat gehou was op 11 Junie 2022 by Boereplaas vakansie-oord Vryburg was suksesvol afgehandel.

Die duurste ram, LOT 6, DTC20-340 van Bossie Clarke van Stanford, is vir R28 000-00 aan ‘n koper van Schweizer-Reneke verkoop.

Die duurste ooi, Lot 58, JR18-027 van Willie Oosthuizen van Vryburg verkoop vir R30 000-00 aan Johan Roarthy van Kinross, Mpumalanga.

Stoetramme verkoop vir R12 750-00 gemiddeld.  Stoet-ooie & lammers verkoop vir ‘n gemiddeld van R10 111-11 en dragtige ooie behaal ‘n gemiddeld van R8 846-15.

Gemiddeld van die kommersiële diere was soos volg:

Ooie                                        –           R  3 600-00

Dragtige ooie                        –           R  4 655-44

Ooie met lammers               –           R  4 545-45

Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens die Molopo Ile de France Groep hartlik geluk met hul suksesvolle veiling.   Theuns Visser was die Afslaer.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0