Categories: ArtikelsPublished On: 7th December 2023

Modderbult-boerdery wen met AGI se bergingsoplossings

By 6 min read
1180 words

DSC_0012

Modderbult-boerdery is ՚n welbekende naam in Suid-Afrika en die onderneming se sukses is oor geslagte gebou. Die pa-en-seun-boerderyspan met Pieter Brits en sy seun Dawie boer al amper 20 jaar saam in die Balfour-distrik op die Oostelike Hoëveld.

Pieter het op die plaas grootgeword en saam met sy pa begin boer tot hy oorgeneem het, en sy seun Dawie volg nou dieselfde pad.

Modderbult-boerdery se pluimvee-afdeling bestaan uit vier-en-twintig hoenderhuise wat elk sowat 44 000 braaikuikens huisves. Hulle verbou ook mielies en sojabone op die plaas en het ‘n beesvertakking.

Pieter vertel: “Ons het hoofsaaklik met ՚n mielieboerdery begin en oor die jare uitgebrei met sojabone en beeste. As gevolg van grondskaarsheid hier in ons omgewing het ons besluit om verder uit te brei met pluimvee, wat vandag ՚n groot deel van ons onderneming uitmaak.

“Ek is baie opgewonde oor die toekoms van Modderbult. Dit is lekker om te weet dat die volgende jong geslag gaan oorneem. Die nuwe planne, idees en voorstelle waarmee Dawie na die tafel toe kom is baie waardevol. Jy weet, ons ouer geslag boere dink nie meer so uit die boks nie; net as ek dink ons het nou die kruin bereik, kom Dawie met idees met ՚n hele nuwe uitkyk op die boerdery en ek is baie opgewonde oor die toekoms,” sê Pieter.

Modderbult-boerdery spog nou met twee splinternuwe AGI-silo’s vir die berging van sojabone en mielies

Aan die begin van 2021 het Pieter en Dawie die behoefte gesien om hulle eie graansilo’s op die plaas op te rig. Hulle vertel dat vervoer en brandstofkostes heen en weer na die silo’s hulle begin knou het. “Ons grootste uitdaging was die vervoerkostes na die silo’s, die trekkers op die pad, die aftrekkings en om alles in werksure in te pas,” voeg Dawie by.

“Nadat ons verskeie verskaffers oorweeg het, het AGI se toerusting vir ons uitgestaan bo die res. As jy kyk na dit wat aangebied word, die AGI-span se toewyding, die fisiese toerusting, die manier hoe dit gebou en opgerig word en natuurlik die prys wat ՚n groot rol speel, was AGI duidelik die antwoord,”verduidelik Dawie.

Wanneer dit by landbou-oplossingskom, soek boere meer as net ‘n verskaffer. Hulle wil iemand hê met wie hulle kan saamwerk, ՚n pad mee kan stap en wat hulle kan help om hulle sakedoelwitte makliker en doeltreffend te bereik.

Dawie vertel: “Ons het die planne in ons kop gehad en AGI het die hele prentjie in perspektief vir ons ingekleur en toe maak dit alles vinnig sin. Om die som op papier te sien en die risiko’s en wins teen mekaar op te weeg, dit maak die groot verskil en hier is waar ons juis aanklank by die AGI-span gevind het.

“Ons het vooraf ondersoek ingestel oor presies wat ons behoeftes was, wat ons nodig gehad het in die boerdery en hoe vinnig ons moes in- en uitlaai, en die silo’s is daarvolgens ontwerp en opgerig. Ons het gekyk wat die kapasiteit van ons stroper is en hoe vinnig ons aflaai, asook wat nodig is as ons van ons bure en ander boere in die omgewing ook wil akkommodeer.”

Dawie verduidelik: “Na afloop van die beplanning en koppe bymekaarsit met die AGI-span het ons besluit om 2 x 2 500 ton silo’s op te rig en later uit te brei met nog 2 x 5 000 ton silo’s. Hierdie opbergingsfasiliteit is beplan en opgerig om verskeie gewasse te hanteer.”

Dit sal Modderbult se opbergvermoë dus tot 15 000 ton verhoog. “Die oprigting van hierdie silo’s gaan dinge vir ons boerdery soveel makliker en doeltreffender maak, aangesien ons kan lewer wanneer ons wil lewer, veral met ons sojabone. Sojabone het nie tyd nie, wanneer hulle gestroop moet word, moet hulle gestroop word, so met ons eie silo’s kan ons aflaai wanneer en hoe dit ons pas,” voeg hy by.

Die stelsel is ontwerp en opgerig sodat ons gelyktydig kan in- en uitlaai teen 120 ton per uur. Die hanterings-toerusting sluit ook in die gewilde AGIMPL 120-voorreiniger-skoonmaker, wat beteken dat ons nou ons eie graan kan sif en ‘n beter produk kan berg en lewer aan ons kliënte. Dit stel ons ook in staat om ons neweprodukte en sifsels vir ons beeste te voer. “Ons het baie aanklank gevind by AGI se gehalte produkte en die advies van die span. Ons kom nou al ՚n lang pad saam met Dwight Botha, AGI se verkoopsbestuurder van Suid-Afrika. Dit is lekker om saam met ՚n bekwame span te werk wat jou behoeftes verstaan en die pad saam met jou wil stap, en wat ՚n volledige reeks produkte en dienste met moderne tegnologie bied. Wanneer ek gevra het vir veranderinge, het hulle dit met groot graagte vir ons gedoen en deurgevoer. Hulle het gelewer wat hulle gesê het hulle gaan lewer,” deel Dawie.

“Ons sal in die toekoms niemand anders as AGI gebruik nie.”

Dwight sê: “Ek glo en vertrou dat die voordeel en waardetoevoeging van die opbergingsfasiliteit by Modderbultboerdery ‘n enorme bydrae sal lewer tot Modderbult se sukses. Ons by AGI fokus daarop om oplossings aan ons kliënte te bied, eerder as net produkte, en dit is pasmaak-oplossings volgens kliënte se unieke behoeftes. Ons het ՚n toegewyde span in Afrika en ons verstaan die behoeftes en toestande van kliënte.”

“Familieboerdery is die toekoms van landbou in Suid-Afrika, maar dit is nie altyd so maklik soos wat almal dink nie. Baie mense kom op die plaas en sien net die mooi en die lekker, maar boerdery bly ՚n uitdaging en harde werk. Boerdery is nie net ons voorliefde nie, maar ook ‘n roeping en ons liefde, en wat ‘n ongelooflike voorreg om dit van een geslag na die volgende te kan oordra,” vertel Dawie.

“Ek het twee seuns en dit is vir my so lekker om te sien hoe geesdriftig hulle ook oor die plaas en die boerdery is en ek kan hulle ook in die toekoms sien boer. Dit is lekker om die liefde van jongs af in hulle ook te kweek, wat dit soveel makliker maak om die familie-boerdery te laat voortleef, en dit maak my opgewonde oor die toekoms om te weet dat hulle eendag in die familie se voetspore volg,” sluit Dawie af.

Modderbult-boerdery se AGI-opberingseenheid:
•2 x 2 500 platboom silo’s
•AGI se kommersiële hanteringstoerusting gegradeer teen 120 ton per uur hanteringsvermoë
•AGI MPL 120-voorreiniger-skoonmaker
•Inlaai: 120 ton per uur
•Uitlaai: 120 ton per uur
•Ten volle geoutomatiseerde temperatuurwaarnemingstelsel vir die binne temperatuur van die silo’s

Wat AGI van hulle mededingers onderskei, is hulle verbintenis tot ՚n vennootskap met hulle kliënte. AGI is toegewyd tot die kliënte en bewys dit deur kliënte by te staan van die aanvanklike ontwerp en vervaardiging, tot die finale installasie.

Die verkoopspan van AGI, Willie Coetzee, verkoopsbestuurder vir Sub-Sahara Afrika en Dwight Botha, verkoopsontwikkelingbestuurder vir Oos Afrika, is slaggereed om jou by te staan met jou volgende silo-projek. Gee jou boerdery ‘n hupstoot en kontak hulle vandag nog!

Vertrou op die AGI-voordeel vir jou volgende projek. Besoek AGI se webwerf by https://www.aggrowth.com/of kontak Willie by (+27)71-633-5365 of Dwight by (+27)74-700-2738.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0