MINIPIZZAS
Aantal porsies: 16 x 150 g
Aanbevole porsiegrootte: 150 g
BESTANDDELE
Pizzabasis
- 350 g glutenvrye koekmeelmengsel
- 150 g kekerertjiemeel
- 3,75 ml sout
- 2 ml droë gis
- 75 ml kanolaolie
- 280 ml louwarm water
Pizzasous
- 2,5 ml kanolaolie
- 1 ui, gekap
- 10 ml gekapte knoffel
- 820 g (2 blikke) gekapte tamaties
- 125 ml rooilensies
- 250 ml kookwater
- 10 ml hoenderaftrekselpoeier
- 10 ml droë origanum
- 5 ml sout
- varsgemaalde swartpeper na smaak
METODE
- Voorverhit die oond tot 200 o Spuit ’n bakplaat met kleefwerende kossproei.
- PIZZABASIS: Meng die pizzabasis se droë bestanddele saam en voeg die olie en louwarm water by. Meng goed sonder om te knie en vorm ’n bal. Bedek en laat rys op ’n warm plek.
- PIZZASOUS: Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui en knoffel tot sag en geurig.
- Voeg die res van die bestanddele behalwe die swartpeper by. Laat prut 30 minute bedek totdat die lensies sag is.
- Geur met varsgemaalde swartpeper. Laat afkoel.
- Strooi glutenvrye meel op ’n werkoppervlak en rol die pizzadeeg daarop uit. Druk sirkels met ’n deursnee van 16,5 cm daarop uit en plaas op die bakplaat.
- Verdeel die pizzasous tussen elke pizzabasis en plaas jou gunstelingbolae, soos fyngekapte groen soetrissie, sampioenskyfies, ham en mozzarellakaas bo-op. Sprinkel met droë origanum en bak 20 minute tot gaar.
Wenk!
Sit voor saam met ’n mengelslaai of bevries die afgekoelde pizzas vir kospakkies later die week.
VOEDINGSFEITE
Porsiegrootte: 150 g
Energie (kJ) 72
Proteïene (g) 5
Totale glukemiese koolhidrate (g) 24,9
Totale vet (g) 5,5
Versadigde vet (g) 0,5
Vesel (g) 4,2
Natrium (mg) 473
GI 57,2
***BOEK:
Glutenvrye gebak & peuselhappies
Lekker & Gesond reeks
deur Martie Hofmeyr and Janet Wiegand
LAPA Uitgewers (R49.99)