Categories: NewsPublished On: 6th October 2017

Minder trekkers en stropers is in September verkoop as ‘n jaar gelede

By 1 min read
174 words

tractor_clip_art_18056

Trekkerverkope van 552 eenhede in September is aansienlik (11%) minder as die 623 eenhede wat verlede September verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope 4% hoër as verkope vir dieselfde tydperk verlede jaar. 

Stroperverkope van vier eenhede in September is ook aansienlik minder as die tien eenhede wat verlede September verkoop is.   Stroperverkope vir die jaar tot dusver is nou 8% hoër as vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Nadat die amptelike raming van die grootte van die huidige mielie-oes weer hoër aangepas is, nou tot ʼn algehele rekord van 16,7 miljoen ton en ten spyte van die swakker rand, bly die mielieprys onder druk.

Algehele sentiment in die mark bly positief.   Boere is egter redelik versigtig oor die aankoop van nuwe toerusting voor die aanvang van die somergewasseisoen.   Verkope van toerusting vir die res van die 2017-kalenderjaar sal grootliks afhang van die ontwikkeling van die somerreënvalseisoen.   Verwagtinge bly nietemin dat trekkerverkope in 2017 hoër kan wees as verkope verlede jaar en dat daar selfs meer as 6 000 eenhede verkoop kan word.

Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0