Categories: RecipesPublished On: 4th February 2016

Mikrogolf-fudge

By 1 min read
104 words

5 MIKROGOLFFUDGE

Lewer ± 80 porsies

  • 385 g (1 blik) kondensmelk
  • 500 ml strooisuiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 125 g botter of margarien
  1. Smeer ’n reghoekige glasbak goed met botter of margarien.
  2. Meng al die bestanddele in ’n diep glasbak en mikrogolf dit 2 minute lank op hoog. Klop dit goed met ’n houtlepel.
  3. Mikrogolf dit nog 10 minute lank op hoog – roer dit elke minuut en sorg dat dit nie oorkook nie.
  4. Klop die fudgemengsel goed – dit lyk nie so dik soos fudge wat op die gewone manier gemaak is nie.
  5. Skep die mengsel in ’n gesmeerde bak en laat dit afkoel. Sny dit in blokkies.

Uit: Lekker & Vinnig 6: Lekkers – LAPA samestelling (bl. 14-15)

L&V6_Lekkers_sm

0
Tags:

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0