Mieliemanwedstryd: Monsanto gee terug aan ons land se skole

DSC_0834
Riaan de Wet, lid van Orania se Mieliemanreëlingskomitee; Deon Joubert, wenner van die eenhektaaraanplanting en Hennie Stander van Monsanto.
Voorspoedige boere is nie net nodig vir Monsanto se voortbestaan nie, maar ook vir landbou in die algemeen en vir die land in die breë. Monsanto se diens strek verder as die verskaffing van voortreflike saad, doeltreffende oesbeskermingsmiddels en die kundigste raad. Monsanto ondersteun ook die boere van die toekoms, daarom is hulle die hoofborg van die verskillende mieliemankompetisies by skole op die platteland.
Die doel van die kompetisie is om geld vir die skole in te samel. Boere koop die saad (enige kultivar) aan en plant of ’n halwe of ’n volle hektaar daarvan. Al die geld wat die oes oplewer gaan aan die betrokke skool en die boer wat die hoogste opbrengs behaal, word as wenner met ’n prys bekroon. Die dorpe wat deelneem is Orania, Bultfontein, Bethal, Viljoenskroon, Douglas en Hoopstad.
“Ons is al vir baie jare by die inisiatiewe betrokke, nie net vanjaar nie,” sê Magda du Toit, kommunikasiebestuurder van Monsanto. “Vir ons is dit belangrik om by die gemeenskappe in die platteland, waar baie van ons woon en werk, betrokke te wees. Skole vorm die hartklop van die platteland en ons wil graag op ons beskeie manier ’n bydrae lewer om die skole in stand te hou sodat opvoeding naby aan hulle huise aan ons kliënte se kinders gegee kan word.”
Hennie Stander, streeksbestuurder van Monsanto vir die Noord-Kaap, het by Orania se mieliemankompetisie vertel in hoeveel lande mense honger gaan slaap. “As landbouers moet ons sorg vir die mense wat nie na hulleself kan kyk nie. Daar is tans 54-miljoen mense in die land en dit word vermoed dat daar in 2035 65-miljoen mense in die land gaan wees wat moet eet. 2,4% van die mense in ons land bly honger.”
Hy voeg by: “Teen 2024 gaan die geelmieliemark konstant bly, witmielies gaan afkom en sojabone gaan drasties toeneem. In 1924 was die mielie-opbrengs 1,6 ton per hektaar, maar vandag is dit baie meer, te danke aan beter landboupraktyke, beter hulpmiddels en beter saad.”
Hennie het ook gesê dat ’n mens nie oornag ’n boer word nie. Jy moet eers baie kennis en ervaring opdoen oor die talle faktore wat ’n rol speel, soos infrastruktuur, weer, insekte, onkruiddruk en gewassiektes.
“Monsanto verwag ’n 14% opbrengsverhoging van mielies binne die volgende drie tot vier jaar. Saam maak ons ’n verskil,” sê Hennie.
Vir meer inligting oor Monsanto se saad of om vir volgende jaar se mieliewedstryd in te skryf, kontak Magda du Toit by 011-790-8254 of stuur vir haar ’n e-pos na: magda.du.toit@monsanto.com
Wenners (een hektaar):
Orania CVO-skool
Eerste: Deon Joubert van Deon Trust – 19,602 t/ha
Tweede: Lourens Du Plessis van Louma Boerdery
Derde: Dissie en Derius Kruger van Kambro Boerdery
Hoërskool Bultfontein
Eerste: Wouter du Plooy – 14,08 t/ha – DKC 78-87B
Tweede: Flippie Blignaut – 13,03 t/ha – DKC 77-77BR
Derde: Hannes Vorster – 11,79 t/ha – DKC 78-79BR
Bethal Laerskool HM Swart
Noord:
Eerste: Cornie en Maryna Breet – 13,803 t/ha
Tweede: Pierre en Francien de Kock – 13,59 t/ha
Monsanto-wenner: Neil en Elanie Bouwer – 13,249 t/ha

Cornie en Maryna Breet van Laerskool HM Swart was die Noordwenners.
Suid:
Eerste: Kobus en Madre van Heerden – 13,557 t/ha
Tweede: Leon en Estel van Tonder – 12,808 t/ha
Monsanto-wenner: Schalk-Willem en Liezl du Toit – 12,539 t/ha

Kobus en Madre van Heerden was die Suid-wenners van Laerskool HM Swart.
Viljoenskroon – Hoërskool
Salomon Senekal
Eerste: Johan Roux – 10,89 t/ha
Tweede: Kobus du Toit – 7,61 t/ha
Hoërskool Douglas
*Vogaanpassing is reeds gedoen tot 12,5%
Eerste: Jan Cilliers van JNS Bdy – 19,83 t/ha DKC 65-52BR
Tweede: HF Cilliers De Hoek Sand – 19,72 t/ha
Derde: Gerhard Bruwer van Genade Boerdery – 17,54 t/ha DKC 65-52 BR
Hoopstad
*Hulle kompetisie het hierdie jaar ’n bietjie verander. Die skool en die gemeenskap wou kyk wat die hoogste opbrengs per 30 000 pitte kan wees. Die rede hiervoor is dat hulle wou kyk wat ’n mieliepit kan teruggee, daarom is die opbrengs nie per hektaar gemeet nie.
Eerste: Oswald-Botes Boerdery
Bemesting: 105-23-12
Stand: 15 909
Plantdatum: 9 Nov
Kultivar: DKC 78-87B
Opbrengs: 18,486 t
Gram per pit: 616
Tweede: Vlakplaas Boerdery
Bemesting: 140-38-21
Stand: 19 743
Plantdatum: 21 Nov
Kultivar: DKC 77-77BR
Opbrengs: 17,06 t
Gram per pit: 568
Derde plek: JJ Le Roux (Oom Koos)
Bemesting: 120-30-20
Stand:18 500
Plantdatum: 14 Nov
Kultivar: DKC 77-77BR
Opbrengs: 16,924 t
Gram per pit: 564