Meyersvlei Bonsmara hou suksesvolle 9de produksieveiling

meyersvlei
Met ’n passie vir genetiese uitnemendheid en funksionele diere, fokus Meyersvlei daarop om Bonsmaras te teel wat nie net presteer in die kraal nie, maar ook aanpasbaar is vir uiteenlopende omgewings. Die stoet staan bekend vir sy konsekwente teelrigting, waar ekonomiese eienskappe soos vrugbaarheid, groei, en temperament voorop gestel word.
Op die 18de Junie, 2025 het Meyersvlei Bonsmaras hulle 9de produksieveiling te plaas Meyersvlei in die Standerton-distrik aangebied. Op aanbod was 60 SP bulle en 60 dragtige vroulike diere, Billy Lyons was die afslaer gewees en die veiling was aangebied deur BKB Standerton in samewerking met Meerkat aanlyndienste.
Die duurste bul, Lot 28, HVD 23-20 is verkoop vir R150 000.00 aan Fanus Weldhagen van Suikerboschfontein Poultry Farm, aanlyn deur Meerkat se platforms.
Die gemiddeld op die Meyersvlei bulle: R61 700.00
Gemiddeld op dragtige verse van Two Ship Trading: R18 174.00
Die Meyersvlei-span bedank alle kopers wat die dag moontlik gemaak het, asook vir Meerkat aanlyndienste vir hulle bydrae en Tielie Crawford en sy span vir hulle harde werk.
Baie geluk aan al die kopers asook die Meyersvlei-groep met ‘n suksesvolle veiling.