Met RSA Grain Storage Solutions hoef jy nie kop te krap oor wat jou skape nodig het nie

reetdachfan-sunset-50494
Wanneer dit by skape kom, is boere altyd op soek na die beste oplossings. Wat kan hulle doen om hul skape se lewe makliker te maak, hoe verseker hulle dat die diere gesond bly, en waar huisves hulle al die ooie wat besig is om te lam?
In die landbou moet daar ook deeglik besin word oor hoe boere skape kan voer en hoe hulle skoon en siektevry kan bly. Daarom is dit belangrik om van meet af aan die beste oplossings vir jou vee te gebruik.
RSA Grain Storage is een van die maatskappye wat presies weet watter oplossings boere nodig het vir hul skape se welstand. Met jare se ervaring is dié Vrystaatse maatskappy daarop ingestel om die regte oplossings vir jou en jou skape te bied, van ’n lammetjie se eerste asemteug totdat sy self in die kraamsaal gereed staan om ’n ma te word.
Met die regte voerstelsels kan boere se skape ’n gesonde lewe lei. Dit sluit daaglikse voeding, veilige skeergeriewe en verhoogde kraamsale in wat skoon, veilig en doelmatig ontwerp is om die proses so maklik moontlik te maak.
- Outomatiese voerkrale verseker dat elke skaap oor die regte hoeveelheid voer beskik.
- Die outomatiese voerstelels kan op hul eie ingerig word, as deel van ’nbestaande kraal, of nuut as deel van ’n bestaande kraal gebou word.
Van silo tot bek: die beste voerstelsel
Boere is bewus van al die verskillende maniere waarop voer aan skape voorsien kan word. Die meer tradisionele metode is om die voer bloot op die grond uit te strooi en die skape nader te laat kom. Dié metode het egter verskeie nadele: die skape vreet nie alles op nie, reën maak dit byna onmoontlik om doeltreffend te voer en heelwat voer gaan verlore.
Dit is waar doelgerigte voerstelsels ter sprake kom. Dit is nie bloot ’n voerbak met ’n hek wat oopgemaak moet word nie. RSA Grain Storage se oplossings vir die voer van groot troppe vorm ’n volledige stelsel wat presies meet hoeveel voer na elke bak vloei.
Presisievoeding beperk vermorsing deur voëls en ander diere en daarom is dit belangrik dat die voerproses eerder outomaties moet geskied.
Outomatiese voerkrale vereis slegs ’n koppeling aan die voerberging. Dié stelsel meet presies hoeveel voer uitgetap word en beskerm dit teen reën – en dit verseker dat jou skape altyd die regte hoeveelheid voer ontvang.
RSA Grain Storage bied toegang tot hierdie voerstelsels en kan dit in jou bestaande kraal installeer, of ’n nuwe, doelgemaakte voerkraal vir jou oprig.

Verhoogde krale maak dit veiliger vir skape om te lam en is ingerig om hulle veilig te hou regdeur die lamseisoen.
Die bou van nuwe krale
Die maatskappy se ingenieurs fokus nie net op skaapvoeding en graanberging nie. Met die regte beplanning kan jou hele boerderybedryf verbeter word.
Die oprigting van skeerkrale is een van die eerste groot aanvanklike uitdagings vir enige skaapboer. Om oor al die regte toerusting en toebehore te beskik, vereis dat jy reeds moet weet wat nodig is om honderde, selfs duisende, skape te skeer. Daarom is dit belangrik om met siviele ingenieurs saam te werk wat verstaan hoe dié geriewe behoort te funksioneer.
Hulle weet wat nodig is om die skape te beheer, waarom modulêre hekke belangrik is en hoe om die diere gedurende die skeerseisoen rustig te hou.
Dit is van kardinale belang dat ’n skeerkraal aangepas kan word namate die seisoene verander. ’n Gebou wat net vir één doel gebruik kan word, is ’n duur belegging vir enige boer.
RSA Grain Storage se ingenieurs kan modulêre skeersale oprig wat gedurende die skeerseisoen doeltreffend funksioneer, maar ook vir ’n boer se ander behoeftes aangepas kan word.
Die skeersaal kan byvoorbeeld in ’n kraamsaal omskep word waar ooie rustig en veilig aan die volgende geslag lammers geboorte kan gee. RSA Grain Storage het reeds talle sulke sale gebou en weet dus hoe om bestaande tegniese ontwerpe by jou behoeftes aan te pas.
Wanneer jy RSA Grain Storage gebruik om jou skeersaal te bou, kry jy meer as net ’n saal wat een keer per jaar gebruik word. Jy kry ’n oplossing wat help om jou skape regdeur elke seisoen veilig te hou.
RSA Grain Storage bied ook ’n oplossing wat tegnologie en skaapversorging na die volgende vlak neem.

Die vehoogde krale staan sowat 1 to 1,5 m bo die plaasgrondvlak.
Verhoogde lamkampe vir groter gemoedsrus
Die lamseisoen is maklik een van die moeilikste en mees spanningsvolle tye op plase. Skape kan maklik deur siektes en plae geraak word, en oormatige druk maak die seisoen nog moeiliker.
Dan is ’n verdere uitdaging om ’n groot aantal skape van die regte voer en aanvullings te voorsien sodat hulle gesond kan bly.
Oplossings vir hierdie uitdagings bestaan reeds, en met RSA Grain Storage kan dit alles gelyktydig op jou plaas toegepas word. Verhoogde lamkampe bied ’n volhoubare oplossing.
Hierdie kampe staan sowat 1 tot 1,5 meter bo die plaas se grondvlak. Die vloer bestaan gewoonlik uit latte of ’n roostervloer, wat ventilasie regdeur die lamkraal bevorder. Onder die vloer is ’n opvangruimte waar mis en ander afval versamel, wat skoonmaak vergemaklik.
Laastens word die krale met outomatiese voer- en waterstelsels toegerus. Dit verseker dat elke ooi die regte hoeveelheid voer en water kry. Die krale is ontwerp om die lamseisoen vir boere makliker te maak en om die ooie gedurende hierdie spanningsvolle tydperk rustig te hou.
Laastens is dit belangrik om te weet hoe lank dit gaan neem om die verhoogde lamkampe op te rig. Voorafvervaardigde modulêre sale kan binne twee tot ses weke opgerig word, hoewel dié sale gewoonlik kleiner is.
Doelgemaakte of groot kommersiële sale neem tussen twee en vier maande om op te rig, aangesien fondamente en stutte permanent aangebring moet word.
As jy ’n verhoogde saal vir die volgende lamseisoen benodig, kan jy RSA Grain Storage nou kontak. Teen lamtyd volgende jaar kan jou skape en nuwe lammetjies veiliger wees – en jy kan rustiger slaap.
Vir doeltreffende oplossings vir skaapvoeding en -geriewe in Suid-Afrika en Afrika, besoek RSA Grain Storage se webtuiste by www.rsagrainstoragesolutions.co.za

