Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 10th October 2024

Met Myburgh Toerusting se dammaker is ’n goeie aartappelseisoen ’n uitgemaakte saak

By 2 min read
423 words

DSC_0075_2_1024x1024@2x

Almal is mal oor ’n aartappel. Dit is so ’n veelsydige lekkerny wat maklik-maklik in enige vorm voorberei kan word: in ’n slaai, gebak, gebraai, skyfies, wiggies, fynaartappels. Aartappelboerdery is egter ’n perd van ’n ander kleur.

Die meeste aartappelboere plant onder besproeiing. Daar word spesiale beddings voorberei vir plantseisoen, en die aartappel word dan bo-op die bedding geplant sodat daar genoeg plek is vir die wortels en knolle om te groei.

So noodsaaklik soos wat die beddings vir die boer is, veroorsaak dit wel ook groot probleme. As gevolg van die beddings se hoogte, loop die water tydens besproeiing weg. Dit kos die boer ’n groot klomp geld.

Gelukkig vir al die boere van hierdie stapelvoedsel is Jannie Myburgh van Myburgh Toerusting gereed met die oplossing: Myburgh Toerusting se dammaker is spesiaal ontwerp om hierdie probleem te oorkom.

Só lyk ’n aartappelland met behoorlike beddings en damme wat die water hou waar die plante dit nodig het en ten volle kan benut!

As Myburgh Toerusting nie reeds die oplossing het nie, dan máák hulle hom.

Jannie vertel dat die konsep van Nederland af kom. “Dit is ’n masjien wat ontwerp is om dammetjies tussen die aartappelbeddings te maak om te keer dat die water wegloop. Hierdie masjien maak dammetjies tussen die beddings om die water op te vang.”

Die Amerikaners gebruik tans dieselfde konsep. Hulle noem dit die “dam ditcher”.

Jannie verduidelik verder dat die oorspronklike weergawes van die masjien gelyk het soos ’n wiel met vinne op. Dit het dan baie klein gaatjies in die grond gemaak. Dit is toe dat hulle begin het met ’n baie meer aggressiewe weergawe van die masjien.

“Hierdie masjien van ons is die baie meer aggressiewe een. Ons noem dit die geremde dammaker. Dit het drie lemme wat soos ’n stootskraper die grond vorentoe stoot. Die grond word losgemaak sodat die wiel bo-oor die wal kan klim.”

Só maak die dammaker letterlik … damme! Wanneer die aartappels besproei word vang hierdie damme die water op. As jy dan daardie water kan vashou sodat dit nie so vinnig wegspoel nie, bespaar die boer ’n astronomiese bedrag geld.

Op die oorspronklike ontwerp was die damme 400 mm breed, 600 mm lank en tussen 150 en 200 mm diep. “Dit is groot; dit is ’n dam!” meen Jannie.

Myburgh Toerusting se dammaker in aksie.

Vir meer inligting oor die geremde dammaker of enige ander nuttige toerusting, maak gerus vandag nog kontak met Myburgh Toerusting. Besoek hulle webtuiste by www.mtoer.co.za, stuur ʼn e-pos na mybtoer@gmail.com, of skakel (+27)82-417-0175.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0