Categories: NewsPublished On: 3rd March 2016

Meer oor die bokhaarmark

By 1 min read
108 words

bokke

Op die tweede veiling van die somerseisoen het mark bestendig vertoon en die algemene mark aanwyser het met 1,7% gestyg om op R258,59 te sluit. Die Rand het met 0,25% gestyg teenoor die  Amerikaanse Dollar en verhandel tans teen R15,79.

Die vraag na sterkgrootbokhaar was onveranderd en pryse van fyn grootbokhaar het met 4% gestyg en sluit op R269,85.

Die vraag na jongbokhaar het met 3% gestyg en geëindig op R292,42.

Hoewel die somer kleinbokkies effens goedkoper was het winter kleinbokkies duurder verkoop wat die kleinbokkiessegment onveranderd gelaat het.

Somer kleinbokkies het geëindig op R338,20 en winter kleinbokkies met R322,21.

Die grootste koper op die dag was Samil.

Bron:BKB

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0