Maklike en tuisgemaakte “Wraps”

DSC_0006-155×300
Jy benodig:
- 2 koppie meel
- 6 teelepels botter
- Bietjie louwarm water
Nou maak jy so:
- Vryf die botter in die meel in met jou vingers tot alles krummelrig is.
- Meng bietjies bietjies water by die meel mengsel totdat jy ‘n sagte deeg gevorm het.
- Deel die deeg in 12 gelyk grootte balletjies en laat rus vir 30min onder ‘n vadoek.
- Rol nou die balletjie so dun as moontlik uit op ‘n meelbestrooide oppervlak.
- Maak ‘n pan warm terwyl jy uitrol. Plaas die Wraps nou een vir een op die warm pan.
- Behoort niks meer as 10 sekondes aan ‘n kant te neem om bruin kolle te maak nie.
- Verwyder en bêre in ‘n verseelde houer of tussen effe klam vadoeke dat die wraps nie uitdroog nie.
- Vul met die vulsels van jou keuse.
Resep gegee deur: Daniëlle Terblanche van Deli-icious Catering. Kontak haar by 012-335-0051, 079-617-3122 of stuur vir haar ‘n e-pos na dvdm87@gmail.com vir bestellings. Jy kan ook haar webtuiste besoek: http://www.deliciouscatering.co.za

