Categories: Feed production and handlingPublished On: 18th September 2014

Maak ontbossing so meer kostedoeltreffend

By 1 min read
296 words

Groter waardetoevoeging van ontboste materiaal ontsluit groter ekonomiese voordeel en verhoogde volhoubaarheid.

Ontbossingsprogramme kan meer kostedoeltreffend en volhoubaar bedryf word deur groter waarde aan ontboste materiaal toe te voeg.

Ontbossingsprogramme is dikwels die beginpunt om nuwe landbougrond te ontwikkel.

Kundige boere verstaan ook lank reeds die verband tussen ontbossing en die negatiewe gevolge wat ondervind kan word as ontboste grond nie oordeelkundig bestuur word nie.

Hier word veral gedink aan die tekens van primêre grondagteruitgang soos grondstruktuurverandering en ’n toename in grondgedraagde plantsiektes. Sekondêre tekens van veldagteruitgang, soos bosindringing en ’n toename in indringerspesies verminder dravermoë verder en uiteindelik kan dit ook uitkring na die sosio-ekonomiese
terrein.

Ontbossingsprojekte gepaard met swak bestuurde landbouprojekte word dan ook dikwels geëtiketteer as die hoofrede vir die verval van die biosfeer met die verlies aan biodiversiteit en die toename in uiterste klimaatstoestande as enkele tekens daarvan. Landbouers is daarom in die ideale posisie om ontbossingsprojekte van meet af aan meer volhoubaar te bedryf. Die doeltreffende benutting van ontboste materiaal met markwaarde is ’n belangrike faset hiervan.

Tans word bemarkbare ontboste hout òf onbenut gelaat òf baie min waarde word daaraan toegevoeg. Voorbeelde van lae-orde waardetoevoeging is houtskool en brandhout met die restant wat òf verbrand word òf agtergelaat word om te degradeer.

Wood-Mizer se reeks rateltaai en Afrika-bewese saagmeulens, wat ook die Timbery-reeks saagmeulens insluit, kan boere en grondontwikkelingsagentskappe die kapasiteit bied om bemarkbare
ontboste hout in waardevolle gesaagde hout te omskep.

Gesaagde hout kan òf op die plaas self aangewend word òf dit kan teen ’n veel groter wins verkoop word as byvoorbeeld brandhout.

Groter waardetoevoeging bevorder ook groter volhoubaarheid. Ontboste materiaal wat voorheen omgewingsverval bespoedig het (slash/burn) kan nou in praktyke aangewend word wat die volle waarde van die produk ontsluit ensosio-ekonomiese groei bevorder.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0