Maak jou merk op die moderne manier – gebruik Dry Ice 4 Farming

dry ice foto
Op soek na ’n slimmer manier om jou vee te merk? Effektiewe kuddebestuur begin altyd met duidelike en betroubare identifikasie. Tradisionele brandmerkmetodes kan egter stresvol wees vir diere, velbeskadiging veroorsaak en dikwels ekstra opvolgbehandeling vereis. Vriesbrand bied egter ’n moderne alternatief – dit is ’n veilige, dierevriendelike en nie-indringende metode wat duidelike, permanente merke skep sonder dat diere brandwonde of chemiese skade opdoen.
Wanneer boere vriesbrand gebruik, kan hulle hul diere maklik identifiseer gedurende sortering, entings, teelbestuur of rekordhouding. Hierdie metode kombineer praktiese kuddebestuur met goeie dierewelsyn en lewer opvallende merke. Vir boere wat presisie, netheid en doeltreffendheid hoog op prys stel, is vriesbrand die logiese keuse.
Dry Ice 4 Farming bied boonop ’n omvattende oplossing omdat hulle vriesbrandtoerusting sowel as droë ys verskaf.

Wat is vriesbrand en hoe werk dit?
Vriesbrand is ’n koue merkproses waar brandysters met droë ys en alkohol afgekoel word. Wanneer die koue yster teen die dier se vel gedruk word, word die selle onder die hare, wat die pigment produseer, vernietig. Die hare wat dan ná die prosedure uitgroei, is wit en vorm ’n permanente, duidelik sigbare merk.
In teenstelling met tradisionele brandmerk, waar hitte die vel beskadig, fokus vriesbrand op die verandering van die dier se haarpigment en nie op wondvorming nie. Dit beteken minder pyn, minder spanning en ’n netjiese eindresultaat.
Wat benodig jy vir dié metode?
Om vriesbrand veilig en doeltreffend toe te pas, is ’n goed voorbereide werksarea noodsaaklik. Omdat jy nie die prosedure alleen kan behartig nie, moet jy jou plaaswerkers vra om ook ’n handjie by te sit.
Jy het die volgende toerusting nodig:
- Elektriese skeerders en ’n klein borseltjie
- ’n Immobiliseerder en ’n kopklem (head clamp)
- Minstens drie stelle vriesbrandysters (vir rotasie)
- Plastiek- of polistireenhouers (nooit metaal nie)
- Isopropiel Alkohol en droë ys
- ’nTydhouer soos ’n stophorlosie of ’n gewone horlosie
- Spuitbottels en skoonmaaklap
- ‘n Skryfbord (clipboard), pen en papier
- Veiligheidstoerusting soos handskoene en ’n veiligheidsbril (goggles)
- ’n Kragbron of ’n kragopwekker indien nodig
- Skuiling of ’n gazebo vir beskerming teen wind en son

Dry Ice 4 Farming verskaf só ’n beginnerspak aan boere.
Jou vriesbrand-werksarea
’n Netjiese werksarea sal jou help om vinniger en veiliger te werk.
- Werk onder skuiling indien moontlik.
- Merk die brandysters duidelik.
- Rangskik die koelhouers in ’n ry en hou die alkohol byderhand.
- Stel jou tydhouer op 45 sekondes.
- Hou die droë ys in sy oorspronklike houer tot gebruik.
- Hou die skeerders en immobiliseerder gereed en skoon.
- Hou die skryfbord, pen en papier byderhand voordat die diere die drukgang betree.
![]() Skeerders gebruik vir voorbereiding. |
![]() Vriesbrandysters word in houers gehou vir rotasiedoeleindes. |
Voorbereiding van brandysters vir vriesbrand
Behoorlike verkoeling is die sleutel tot ’n suksesvolle vriesbrandprosedure:
- Merk die toepaslike houers met byvoorbeeld A, B en C en gooi sowat 5 liter-isopropiel alkohol in elkeen.
- Voeg ’n blok droë ys van 2,5 kg in elke houer (die mengsel sal borrel).
- Maak seker dat minstens 100 mm-vloeistof die ysterkop bedek.
- Plaas die gemerkte brandysters in hul onderskeie houers.
- Laat die brandysters vir minstens 30 minute afkoel.
- Roteer die brandysters tydens vriesbrand en laat sowat 3 minute toe vir herverkoeling.
Veiligheidswenk: Moet nooit jou hande in die droë ys- en alkoholmengsel plaas nie.
![]() Vriesbrandysters word in die mengsel geplaas om af te koel voor merking. |
![]() Vriesbrandyster nadat dit uit droë ys gehaal word. |
Berei diere voor vir vriesbrand
Goeie voorbereiding verseker ’n duidelike en egalige vriesbrandmerk.
- Beveilig die dier in ’n kopknyp en skakel die immobiliseerder aan.
- Borsel vuil stof uit die merkarea (teen die rigting waarin die hare groei).
- Skeer die hare van onder na bo met die skeerders.
- Maak die area skoon en spuit liggies met isopropiel alkohol.
![]() Voorsorg word getref voor vriesbranding. |
![]() Vriesbrand merk word gemaak. |
Die vriesbrandproses: stap vir stap
- Stel die tyd houer op 45 sekondes en bevestig die dier se identiteit.
- Hou die korrekte brandysters gereed, maar los dit in die koelmiddel totdat jy gereed is om dit te gebruik.
- Spuit die merkarea net voor aanwending met isopropiel alkohol .
- Verwyder die yster uit die koelmiddel en plaas dit stewig op die vel.
- Pas sterk, egalige druk toe en begin die tyd meet.
- Verwyder die yster ná 45 sekondes en plaas dit terug in die toepaslike houer vir herverkoeling.
Wanneer die brandyster uit die mengsel gehaal word, behoort die droë ys soos vloeibare gel te lyk – dis ’n teken dat dit koud genoeg is vir vriesbrand.
Wat om ná vriesbrand te verwag
- Onmiddellik: ’n ligte indruk van die merk
- Minute later: die swelling vorm ’n opgehewe buitelyn van die vel
- Ure later: die swelling neem af
- ±7 dae: die vel kan skurf wees of ’n roof vorm
- 2 tot 4 weke: die vel skilfer af en wit hare groei terug
- ±40 dae: die permanente vriesbrandmerk is duidelik sigbaar
![]() |
![]() |
Voordele van vriesbrand
- Permanente identifikasie van beeste en perde
- ’n Duidelike merk wat van ’n afstand af leesbaar is
- Ideaal vir melkstalbestuur en rekordhouding
- Betroubare kudde-identifikasie
- Minder pyn, trauma en spanning vir diere
- ’n Netjiese, professionele voorkoms
- Min tot geen velbeskadiging
Oormerke kan verlore raak en verf kan vervaag, maar vriesbrand bly ’n duidelike en langdurige identifikasiemetode wat boere met vertroue kan gebruik.
Vriesbrand is meer as net ’n identifikasiemetode, dit is ’n belegging in doeltreffende kuddebestuur, data-akkuraatheid en dierewelsyn. Met die regte voorbereiding en tegniek kan boere ’n permanente, sigbare en professionele merk verkry wat jare lank sal hou.
Vir meer inligting oor produkte, toerusting en opleiding, besoek https://dryice.co.za/4-farming/, kontak Cynthia Oliver, vriesbrand-spesialis, by +27(0)78-164-1712 of stuur ’n e-pos aan cynthia@dryice.co.za







