Categories: NuusPublished On: 3rd March 2025

Maak hom vas in jou dagboek: 2026 Dohne-Merino wêreldkongres met opwinding afgewag

By 1 min read
222 words

dohne 2

Die Dohne-Merino-wêreldkongres vind van 6 tot 13 September 2026 by die Arabella Hotel naby Hermanus in die Suid-Kaap plaas. Dit is ’n trotse geleentheid vir Suid-Afrika en word onder die vaandel van die Dohne Merino Telersgenootskap van Suid-Afrika aangebied, met BKB as hoofborg en Plaas Media as mediaborg.

Die Dohne Merino skaapras is in die 1930’s deur die Departement van Landbou ontwikkel en is Suid-Afrikaans in murg en been. Om dus die wêreldkongres op eie bodem aan te bied is nie net gepas nie, maar verseker ‘n geleentheid waartydens hulde gebring kan word aan pioniers en die nuwe geslag telers wat hulle werk voortsit.

Dohne Merino’s is bekend vir hulle aanpasbaarheid, hoë vrugbaarheid, goeie groei vermoë van lammers en hoë-gehalte wol. Die ras word beskou as een van die snelsgroeiende skaaprasse in die wêreld en is beslis een van Suid-Afrika se groot suksesverhale.

Dit is ‘n geval van wetenskap en passie wat ‘n uitnemende ras gekweek het! Daarom sal die 2026-wêreldkongres onder die tema “Wetenskap, passie, uitnemendheid, Dohne” (Science, passion, excellence, Dohne) aangebied word.

Blok nou al 6 tot 13 September 2026 op jou kalender uit en maak reg vir ‘n week van insiggewende voordragte, plaasbesoeke, netwerkgeleentheid, en vele meer.

Vir meer inligting kontak Vaughn Collier by 082-663-3990 of stuur ‘n e-pos na manager@dohnemerino.org

Persverklaring uitgereik deur Plaas Media

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0