Categories: VideosPublished On: 9th October 2023

Louma Boerdery Produksieveiling – Dagboek 8 November 2023

By 1 min read
139 words

Louma Boerdery Thumbnail

Louma Boerdery se veiling word aangebied Woensdag die 8ste November 2023 op die plaas Groot Kranz buite Lindley om 11H00. Die veiling bied die koper Slaggereed beeste, dragtige vroulike diere en oop verse aan, die skaap komponent op die veiling bied die koper ook verskeie opsies.

Van al die vee wat op aanbod is, is die totale kudde op die plaas hormoonvry. Volgens Phillip Hattingh, plaasbestuurder word daar net op die natuurlike manier geboer op die vier plase op Lindley. Afgesien van die Slaggereed diere word daar ook met Brahmane (Nedibest Brahman), Beefmasters, Simbras en Droughtmasters geboer. Met die plaas wat teen die Valsrivier geleë is word daar genoeg voer aangeplant vir die vee.

As jy jou veiling wil bemark kontak:
Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com
Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0