Louma Boerdery Produksieveiling – Dagboek 8 Nov 2023

IMG-20231004-WA0010
Louma Boerdery se veiling word aangebied Woensdag die 8ste November 2023 op die plaas Groot Kranz buite Lindley om 11H00. Die veiling bied die koper Slaggereed beeste, dragtige vroulike diere en oop verse aan, die skaap komponent op die veiling bied die koper ook verskeie opsies.
Van al die vee wat op aanbod is, is die totale kudde op die plaas hormoonvry. Volgens Phillip Hattingh, plaasbestuurder word daar net op die natuurlike manier geboer op die vier plase op Lindley. Afgesien van die Slaggereed diere word daar ook met Brahmane (Nedibest Brahman), Beefmasters, Simbras en Droughtmasters geboer. Met die plaas wat teen die Valsrivier geleë is word daar genoeg voer aangeplant vir die vee.
Dagboek 8 November 2023 om 11:00 vir Louma Boerdery se produksieveiling te Grootkrantz, Lindley.
Kliek hier om die veiling op Agri4all te sien.
Wat op die veiling verwag kan word:
1490 Skape:
- 600 Ooie (2 Tand tot volbek, gespeen, dekseisoen begin 1 Desember)
- 800 Speenlammers (Stoor)
- 50 Slaghammels
- 40 Ramme
Skape bestaan uit Dohne Merino en Merino tipes.
Goeie boerskape.
Dragtigheid en katalogus inligting sal op die dag van die veiling beskikbaar wees.
Bees Aanbod : Hormoonvrye kudde
- 80 Koeie met kalwers
- 120 Koeie – Dragtig , swaar dragtig of besig om te kalf
- 120 Verse gespeen , gereed vir die bul
Slagvee:
- 140 gevoerde osse (slaggereed , ongewissel tot 2 tand)
- 6 Wagyu gevoerde osse (slaggereed)
- 50 vet slagkoeie
Vroulike diere bestaan uit Bonsmara en Bonsmara X, Simbra en Beefmaster X.
Goeie boerbeeste.
Dragtigheid en katalogus inligting sal op die dag van die veiling beskikbaar wees.
Al die beeste op veiling is hormoonvry.
Bulle:
- 5 Wit Brahman Bulle
- 3 Simbra Bulle
40 Wit Brahman beeste:
- 18 Verse, moontlik dragtig
- 22 Koeie, Dragtig of met verse
Uitstekende wit Brahman vroulike diere.
Dragtigheid en katalogus inligting sal op die dag van die veiling beskikbaar wees.
Al die beeste op veiling is hormoonvry.
Veehanteringtoerusting:
- 600 Plastiek hekkies (1.3m)
- 30 PVC waterpyp krippe (6m)
Drie donkies wat by skape kan loop as wagters.
Besoek Louma Boerdery se webwerf om meer te sien oor hierdie uitgebreide boerdery : https://www.louma.co.za/
Nedibest Brahman en Gasverkopers hou hulle 1ste produksie veiling aan te Plaas Fairfield B net buite Thabazimbi die 1ste Februarie 2024. Dagboek hierdie datum.
Kontak:
- Willem Kruger: 082 376 1539 (BKB Bemarker)
- Douw v Wyk: 083 458 7353 (BKB Bemarker)
- Bennie v d Merwe: 082 414 4228 (BKB Afslaer)
- BKB Bethlehem: 058 303 8552 (BKB Kantoor)
As jy jou veiling wil bemark kontak:
Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com
Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com