Limousin-bul vir R200 000 verkoop

paparazzi
La Rhone Limousins se Heart of the Herd-veiling het op 3 September in Tulbagh plaasgevind. Die veiling is deur BKB aangebied en Johan van der Nest was die afslaer. Die veiling is deur 400 kopers en belangstellendes bygewoon.
Die duurste bul (LR128 La Rhone Paparazzi) is vir R200 000 aan Kandas Limousins van Ivan Gaya van Namibië verkoop.
Die duurste koei (LR1114 La Rhone Marmite) is vir R140 000 aan Human Cronjé van Parys verkoop.
‘n Nuwe rekordprys van R150 000 is vir die vers LR1490 La Rhone Summer Sun betaal deur Maqelepo Investments van Ficksburg.
Die totale aanbieding van 67 diere is verkoop vir ‘n totale omset van R3 959 000.
| Kategorie | Aantal | Gemiddeld | Hoogste | Koper |
| Bulle | 20 | R74 250 | R200 000 | Kandas Limousins |
| Koeie & kalwers | 10 | R75 000 | R140 000 | Human Cronje |
| Dragtige koeie | 13 | R41 307 | R100 000
R100 000 |
Xourel Beleggings
Maqelepo Investments |
| Verse | 24 | R49 458 | R150 000 | Maqelepo Investments |
Foto: duurste bul (LR128 La Rhone Paparazzi)