Categories: NewsPublished On: 15th January 2018

Goeie nuus vir verbruikers: Laer brandstofpryse in Februarie verwag

By 1 min read
233 words

brandstof

Deur Fanie Brink, Onafhanklike Landbou-Ekonoom

Brandstofpryse kan welkome nuus in Februarie tot gevolg hê nadat die wisselkoers die afgelope twee weke steeds teen die aansienlik sterker vlakke sedert die einde van Desember verhandel het, ten spyte van die skerp styging in die Brent-ru-olieprys, wat die internasionale maatstaf vir oliepryse is.

Volgens die jongste inligting van die Departement van Energie op hierdie stadium kan die prys van petrol 93 (ULP & LRP) in Gauteng op Woensdag, 7 Februarie 2018 moontlik met 36,9c per liter en die prys van diesel met ‘n 0,005% swaelinhoud moontlik met 22,5c per liter daal.

Die ooreenkoms tussen die lede van die Organisasie vir Petroleumuitvoerlande en Rusland, wat nie ‘n lid van die organisasie is nie, om die vermindering in hulle produksie verder tot die einde van 2018 te verleng, sowel as ‘n groter internasionale vraag, het die ru-olieprys die afgelope maand van $63 per vat tot bykans $70 per vat verhoog.

Weens hierdie styging in die ru-olieprys kan die gemiddelde internasionale prys van petrol moontlik in Februarie met 6,2c per liter en die prys van diesel moontlik met 23,3c per liter styg.

Die gemiddelde daaglikse wisselkoers wat die afgelope maand van R/$13,46 tot R/$12,36 versterk het, kan na verwagting weer dalings van 43,1c per liter in die petrolprys en 45,8c per liter in die dieselprys tot gevolg hê.

Die finale prysveranderings sal deur die minister van Energie teen die einde van die maand bekend gemaak word.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0