KynoHumate Black: Die geheim tot goeie grond | Kynoch

KynochHumate Black (1)
Hentie Cilliers is ‘n Kynoch landboukundige wat ons meer vertel oor die KynoHumate Black.
Organiese materiaal stel humiensure vry wanneer dit ontbind wat voordelig is vir jou plante en grond. Dis moeilik om organiese materiaal te verbou. Dis waar KynoHumate Black inkom.
Dit is ‘n swart vloeistof wat lang koolstofkettings bevat. Dit bevat humiese stowwe wat ‘n positiewe effek op die grond en plante het en die voedingstowwe in die grond. Dit verminder die loging van jou stikstof en word absorbeer op jou oksiedes wat fosfaatabsorpsie blok en so meer fosfaat beskikbaar hou vir die plant. Dit verhoog die beweging van kalk in die grond.
KynoHumate Black kry die beste resultate wanneer dit naby die wortels toegedien word. Dit verhoog wortelontwikkeling en mikrobe-groei.
Vir meer inligting, besoek www.kynoch.co.za of info@kynoch.co.za.