KwêBeams swaai die skaal in jóú guns – Spesiale aanbod aan ProAgri-lesers!
Verrassing is die faktor waarop rowers en moordenaars reken om hulle duiwelswerk te doen. Hulle gewoonte is om in die middel van die nag toe te slaan wanneer die wetsgehoorsame burger sy welverdiende rus na ‘n dag se arbeid geniet.
Maar nou is die bordjies verhang – met KwêBeams, die betroubare elektroniese waghondstelsel wat jou betyds waarsku wanneer boosdoeners jou eiendom betree, sodat jy hulp kan ontbied, alarm kan maak of jouself gereed kan maak vir die aanval. Met KwêBeams swaai jy die situasie om sodat jy die boosdoener verras.
Krypton Sekuriteitstelsels is agente vir Kwêbeams en hulle is toegewy daaraan om plaasaanvalle hok te slaan.
Hoe werk dit?
KwêBeams is ‘n losstaande, draadlose vroeëwaarskuwingstoestel wat jy kan monteer, verstel en verskuif soos jy wil om selfs werknemers te flous. Dit is onafhanklik van enige ander alarmstelsel, maar vul bestaande veiligheidsmaatreëls uitmuntend aan.
Meer as een KwêBeam-oog kan op verskillende plekke aangebring word en elke oog het twee strale wat onderbreek moet word voordat hy alarm maak. Dit skakel vals alarms uit. Die sensitiwiteit van die oë kan ook verstel word.
Elke oog kyk 18 meter ver en 90 grade wyd. Daar is geen drade nie, want die oog stuur ‘n radiosein na die verskuifbare sleutelbordjie (key pad) wat voor jou bed lê. Die oog werk met drie gewone AA-selletjies wat sowat drie jaar lank hou en die sleutelbordjie werk tot ‘n jaar lank met drie AA-selletjies.
Kwêbeams is die enigste stelsel wat ‘n sirene in elke sensor het. Die sensors is baie stabiel en het agt sensitiwiteitsvlakke wat die boer self kan verstel. Elke sensor het ‘n ingeboude peuterskakelaar om die boer in te lig indien ‘n inbreker die stelsel wil afskakel. Een stel batterye in die stelsel kan tot drie jaar hou.
KwêBeams is maklik om te installeer en te gebruik en dit is ook heel bekostigbaar. Een oog en een sleutelbordjie is genoeg om mee te begin en daarvandaan kan die stelsel uitgebrei word.
‘n Integrasie eenheid, wat ook as ‘n seinversterker kan dien, stel KwêBeams in staat om by bestaande alarmpanele of teksboodskapsend-ontvangers in te skakel. Die stelsel gebruik ook ‘n seinfrekwensie wat minder algemeen gebruik word, sodat slim diewe nie die seine kan onderbreek nie.
Die mees gevorderde opsie is ‘n veelfunksie GSM-eenheid. GSM staan vir Global System of Mobile communications en dit beteken dat jy jou KwêBeams van enige plek in die wêreld af via selfoonteksboodskappe kan beheer.
Kwêbeams is ook die enigste alarmstelsel-vervaardiger in Suid-Afrika wat binne 14 dae jou geld terug waarborg indien jy nie gelukkig met die stelsel is nie.
Verhang die bordjies – verras jou aanvaller met KwêBeams.
ProAgri lesers: Antwoord op hierdie advertensie binne 14 dae en ontvang 10% afslag! Kliek hieronder vir die afslag.
Goeie dag… Wat beloop die kostes van so i toestel. Kan ons meer inligting kry asb.
Baie dankie
Ann flemix….
Hallo, dankie vir jou navrae.
Kontak vir Mark by mark.kryptonsec@gmail.com vir meer inligting!