Categories: NuusPublished On: 11th November 2020

KragDag Landbouskou

By 1 min read
199 words

kragdag 2

KragDag se landbouskou word vanjaar vir die tweede jaar aangebied by die Diamantvallei Landgoed net buite Rayton.  Met 21 400 besoekers in 2019 sien ons uit om almal weer te verwelkom. Kom maak gerus ‘n draai by die TLU SA stalletjie. 

Verbeterde toegangsroetes is beplan en die gebied se uitleg is aangepas vir die groter getal uitstallers en besoekers.

Besoek gerus www.kragdag.co.za vir meer inligting en om vooraf as besoeker te registreer vir gratis toegang. Toegangsfooi is R100 per persoon as jy nie vooraf geregistreer het nie. Bring die gesin en vriende! Daar is iets vir ‘n ieder en elk om te sien en te ervaar.  

Wat vind op die terrein plaas:

  • 2  boeredae
  • Veetentoonstellings
  • Demonstrasies
  • Arena program
  • Kosstalletjies
  • Plaasproemark
  • 165 Landbou-uitstallers
  • 330 Selfstandigheidsuitstallers (kragbesparing)
  • Snuffelmark
  • Junior entrepreneurs
  • Pretpark en vermaak van ‘n ossewarit tot ‘n helikopterrit
  • Kampgeriewe net langs die terrein

Daar is nog enkele uitstalruimtes beskikbaar:

  1. Landbou-uitstaller  = R2 392-00
  2. Plaasproemark uitstaller  = R1610-00 (produkte sluit in vleis, groente, suiwel, konfyt, olywe, souse, brode en fyngebak)
  3. Veerastentoonstelling = R1 610-00
  4. Junior entrepreneur vir al die kinders = R115-00  

Vir diegene wat belangstel om te kom uitstal – besoek www.kragdag.co.za en registreer voordat ‘n aansoekvorm ingevul kan word. 

Kontak TLU SA gerus by sentraal@tlu.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0