Kom kuier saam met Drotsky by NAMPO Kaap

5f4b5855-1b95-4a3f-a50d-8e46dfdb075f
Met Nampo Kaap om die draai is die span van Drotsky baie opgewonde om weer blad te skud met die Wes-Kaapse boere. Hierdie sal Drotsky se derde jaar by NAMPO Kaap wees en al kan hulle nie al hulle toerusting saamneem nie, gaan hulle uitstalling beslis een wees wat jy nie moet misloop nie.
Boere is Drotsky se fokus en hulle gebruik geleenthede soos NAMPO Bothaville en NAMPO Kaap om met bestaande en nuwe klante saam te kuier. Vir die span is dit belangrik om meer te leer oor die behoeftes van die boere.

By NAMPO Kaap leer Drotsy se mense meer van boerdery in die Wes-Kaap sodat hulle hulle werktuie kan aanpas om presies by die Kaap se omstandighede en behoeftes te pas.
Besoekers aan NAMPO Kaap sal onder meer die geleentheid kry om ‘n demonstrasiemodel van een van Drotsky se voermengers onder oë te kry. Daar sal ook baie te sien en te leer wees.

Die Drotsky-span vertel dat hulle opgewonde is om nuwe gesigte en ou bekende gesigte te sien en te gesels oor die moontlikheid van voerfabrieke en -aanlegte in die Kaap.
Kom gesels met Drotsky se tegniese persone in die Voermol-saal by stalletjie 208.
Die Drotsky-span staan reg om skougangers by NAMPO Kaap te verwelkom en meer oor hulle topgehalte produkte te vertel.
