Knikker peste en plae uit met: Kuhn Stronger 4000 van Valtrac

valtrac 1
Kuhn se hoogloopspuite spog met die sterkste aluminiumbalk wat in Europa beskikbaar is.
Die belangrikste twee vereistes waaraan ’n plaaswerktuig moet voldoen, is:
• Dit moet doeltreffend kan werk en aanhou werk.
• Dit moet rotsvas gerugsteun word deur ’n betroubare, kundige verskaffer wat die werktuig aan die werk hou sodat die boer kan boer.
Kuhn se Stronger 4000-spuit is so ’n werktuig en die verskaffers daarvan, Valtrac, is so ’n verskaffer met legendariese dienslewering. Daarvan getuig James Tolmay van Vereeniging, wat onlangs ’n wyse belegging in ’n Kuhn Stronger 4000-spuit van Valtrac gemaak het.
“As ek bel is daar altyd iemand wat my dadelik kan help,” sê James. “Enige tyd van die dag of nag kom daar ’n kundige helpende hand en hulle doen dit met ’n glimlag.”
Die Stronger HD 4000 spog met ’n hele reeks nuwe ontwikkelings om die boer se werk meer ekonomies, meer gerieflik en meer doeltreffend te maak. ’n Hoogligbalk help niks as die spuit se pens laag is nie. Met ’n grondvryhoogte van 1,8 m kan die boer sy mielies later in die seisoen nog spuit om laatkommerpeste uit te skakel. Daar is twee opsies vir die balk se lengte, naamlik 36 m en 40 m. James het besluit op die 36 m aluminiumbalk.
Die balk is in 9 segmente verdeel wat elkeen onafhanklik van mekaar kan funksioneer. Daar is ’n keuse van 3 verskillende sproeiers wat die boer kan gebruik na gelang van die vereistes wat die gewas en die plaag stel.
Met die Auto-funksie neem die GPS en Autosteer die werking van die spuit oor. Op hierdie manier sorg die slim spuit self dat daar geen oorvleueling is nie en dat geen dele van die land oorgeslaan word nie. Die Trimble TMX 2050-skerm en elektroniese beheerstelsel sorg dat dit spotmaklik is om die spuit te gebruik. “RJ van Valtrac het my sommer oor die foon verduidelik hoe om met die spuit te werk. Dis baie maklik,” sê James.
Die wydte van die wielspore kan ook vanuit die kajuit verstel word. Daarna moet die boer net die penne op die regte plekke op die as gaan indruk voordat die spuitwerk kan voortgaan. Met ’n aktiewe lugveringstelsel is rygerief byna so gemaklik soos sweef op ’n wolk.

Kuhn het alles moontlik gedoen om te verseker dat dit so maklik as moontlik is om met die Stronger 4000 te werk:
• Die hervulklep is voor aan die spuit aangebring om makliker daarby uit te kom.
• Die pomp verplaas water teen 1 100 ℓ per minuut om die vlekvrystaaltenk wat 4 000 ℓ hou in minder as 4 minute vol te maak.
• Die kleiner gifmengbak sak hidroulies af sodat die boer die gif op ’n gemaklike hoogte kan meng.
“Om ’n gelykvormige gifmengsel te kry, tap ek gewoonlik die groot tenk half vol water. Dan meng ek die gif by voordat ek die ander 2 000 ℓ bytap,” verduidelik James.

Daar is meer as genoeg krag om hierdie spuit en al sy pompe aan te dryf. Daar is ’n model van 194 kW beskikbaar, maar James het die groter een met 209 kW gekies. Die balk kan tot net 600 mm bo die grond sak om windinvloed te beperk en tot 2,7 m opgelig word om volwasse mielies te bespuit.
Die spuit vou netjies op om maklik van die een plaas na die volgende te beweeg. Hierdie strategiese mobiliteit stel die boer in staat om die stryd teen peste en plae sonder versuim of vertragings aan te pak. James vertel dat hy sy spuit ingestel het om die korrekte toediening te kry teen ’n spoed van 16 km/u. Op die manier bespuit hy tot 250 ha per dag.
Rand en sent is altyd ’n belangrike oorweging wanneer ’n boer nuwe toerusting wil aanskaf. “Op 2 500 ha kan ek hierdie spuit binne 5 jaar klaar betaal. As ek vir ander boere ook spuit, kan dit nog vinniger gebeur,” vertel James.
Valtrac was die eerste maatskappy om selfloopspuite in Suid-Afrika in te voer met die Montana Parruda in 2003. Kuhn het ’n paar jaar gelede Montana se fabriek oorgekoop. Met die nuwe ontwikkelings en verbeterings wat Kuhn aan die spuite aangebring het, saam met Valtrac se legendariese diens, gaan Kuhn nog lank die voorloperselfloopspuit in Suid-Afrika bly.
Kontak vir Attie de Villiers van Valtrac vir meer inligting by 083-261-9863 of skakel 056-817-8006. Stuur ’n e-pos na attiedev@valtrac.co.za of besoek die webblad www.valtrac.co.za.