Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 16th September 2019

Kanna bied aan: Wolboere wen met Willa se wenwerktuie

By 3 min read
566 words
kanna

kanna 1

Die eerste en belangrikste beginsel in die ontwerp van Willa Nolte van Kanna Industries se werktuie is dat dit presies aan die uitgesproke vereistes van die boer moet voldoen. Daarom praat hy voortdurend met boere om te verneem hoe hy hulle werk nog makliker kan maak.

Hierdie gesprekke en praktiese ervaring op die plaas het hom oortuig om ’n ten volle outomatiese wolpers (Nommer 1) te ontwerp en vervaardig wat homself reeds as die toppunt van alle wolperse bewys het.

Boere is ingenome met hierdie wolpers wat meer wol in ’n baalsak pers sodat minder baalsakke nodig is en vragmotors se volle loonvrag benut kan word, maar sommiges het gevra vir ’n goedkoper model. Daarvoor het Kanna die elektronika uitgehaal en die skaal as opsionele ekstra aangebied, maar die goedkoper, elektries-hidrouliese pers (Nommer 2) het steeds dieselfde stewige konstruksie en hidrouliese kragpak wat die plunjer aandryf. Die penne steek maklik met die hand bo die wol in teenoor die ten volle outomatiese model wat self sy penne hidroulies insteek.

Intussen het opkomende boere wat geen toegang tot elektrisiteit het nie gevra vir ’n nóg goedkoper model wat sonder elektrisiteit werk, en Kanna het flink gereageer met ’n ewe stewige, ewe doeltreffende handhidrouliese model (Nommer 3) waarvan die hidroulika met ’n handhefboom aangedryf word.

Maar dit was nog nie die einde nie. Vir woldepots het Kanna nog ’n stewiger model gebou (Nommer 4) en die hidroulika na ’n semi-outomatiese stelsel verander.

Die model het ook ’n ingeboude skaal en steek sy penne hidroulies deur, maar hy is nog taaier as die ander taai modelle.   

Dit beteken dat Kanna nou – op aanvraag van gebruikers – ’n wolpers presies vir elke doel bied.

Kanna se wolperse werk makliker en doeltreffender en pers wol stywer saam om baalsakke en vervoerkoste te bespaar. Daar is vier verskillende modelle beskikbaar vir elke moontlike toepassing.
 

Maak skaapwerk woerts-warts klaar

Nog ’n gewilde produk van Kanna is die skaapgang. Dit is ’n hanteringsgang van drie meter met vervoerbande wat in ’n V-vorm teenoor mekaar loop. Die gang word voor aan die drukgang gemonteer. Hy tel die skape netjies en sagkens op en voer hulle na vore sodat jy met hulle kan werk sonder dat hulle skrik, seerkry of hulle kan teësit.

Om te sorg dat die skape kalm en rustig bly, is daar twee drukgangseksies, toegemaak met plaat, by die skaapgang ingesluit.

Die vervoerbande word met twee groot knoppe wat die operateur met die voet trap aan- en afgeskakel sodat sy hande deurgaans vry is om met die skape te werk. Daar is weerskante van die skaapgang platforms, sodat mense van albei kante af met die skape kan werk.

Die skaapgang is op wiele sodat hy na enige plek gesleep kan word, en die vervoerbande word elektries aangedryf. Waar daar nie elektrisiteit naby is nie, is ’n kragopwekker van 5,5 kVA voldoende om krag te verskaf.

Praat met Willa Nolte by 072-333-1051 of e-pos hom by willa@kannnaindustries vir meer inligting en besoek ook  www.kannaindustries.co.za om Kanna se volledige reeks boervriendelike werktuie te sien.

Kanna vervaardig Suid-Afrika se eerste skaapvervoerband wat skape sagkens van hulle voete af lig sodat hulle in netjiese gelid vorentoe beweeg vir behandeling – sonder vrees, ongemak, beserings of sukkel. As jy ’n skaap op sy rug wil laat lê, druk jy net jou hand onder sy bors in en lig sy voorlyf op terwyl die vervoerband sy agterlyf vorentoe voer.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0