Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 27th May 2024

Jy kan ook die koppe laat draai met New Holland op jou plaas

By 2 min read
465 words

20240516_095259

Die metaangastrekker van New Holland is die eerste van sy soort in die wêreld en dit het omtrent die koppe laat draai by NAMPO.

T6.180 MP

Metaangasvrystellings is nie ‘n omgewingsprobleem nie, inteendeel, dit bied ‘n omgewingsvriendelike oplossing vir brandstof. Die bekendstelling van New Holland se T6.180 metaangastrekker by NAMPO het omtrent die koppe laat draai en ‘n opskudding in die landboubedryf veroorsaak.

Jaco du Preez, bemarkingsbestuurder van New Holland, sê die trekker is moontlik nie vir elke boer bedoel nie, maar ideaal vir melkboere, voerkrale of selfs varkboerderye. ‘n Boer kan self die brandstof vervaardig!

Jaco sê: “Die opwekking van metaangas is ‘n unieke proses, maar ons het mense wat jou kan bystaan om dit te doen.”

Die trekker se enjin is aangepas om met metaangas te kan werk. Hy het totaal van 455-liter metaangas tenks en daarmee kan hy heeldag werk, tensy dit baie harde werk soos ploegwerk is, dan sal hy so vyf ure werk, vertel Jaco.

“Die res van die trekker se spesifikasies is presies dieselfde as die ander trekkers in die T6000-reeks, met dieselfde kW en wringkrag, so jy boet niks in om die trekker te gebruik nie.”

Wat jy wen is ongeveer 30% besparing op bedryfskoste en feitlik geen CO2-vrystelling nie. New Holland glo daaraan dat tegnologiese ontwikkeling nie net oor beter werkverrigting moet gaan nie, maar ook oor volhoubaarheid in terme van omgewingsvriendelike oplossings.

Jaco du Preez, bemarkingsbestuurder van New Holland, by nog ‘n nuweling, die T7.315 HD met sy treffende metaalblou kleur en ‘n hele rits gevorderde eienskappe vir ‘n blink toekoms op jou plaas.

T7.315 HD

Nog ‘n spogtrekker in die New Holland-uitstalling was die T7.315 HD met sy treffende metaalblou kleur, blink aluminium rooster en luukse leerafwerking in die kajuit.

Die masjien is op vlak vyf op die omgewingsvriendelikheidskaal. Jaco sê: “Die spesifikasies voldoen aan Europa se vereistes. Dit is ‘n groener masjien met minder brandstofverbruik, minder uitlaatgasse, PLM-intelligensie in die kajuit, voorste- en kajuitvering, ‘n volledige outomatiese stuurstelsel en telematike wat vanuit die IntelliCentre gemoniteer kan word. Dit beteken kritiese aspekte soos oorverhitting kan dopgehou word en ons kan jou laat weet as daar aksie nodig is sodat jy proaktief kan optree en kostes bespaar.”

Die T7.315 het ‘n AutoCommand CVT-ratkas wat net so glad soos ‘n outomatiese ratkas werk, 220 liter hidrouliese vloei met verbeterde hysvermoë en ‘n vierspoed kragaftakker.

Die eenheid gebruik die ECOBlue™ HI-eSCR 2-stelsel (echo Selective Catalytic Reduction) om die uitlaatgasse te verminder. Hierdie nabehandelingstelsel is ‘n onderhoudsvrye, gepatenteerde oplossing wat bedryfskoste tot die minimum beperk.

Die uitleg in die kajuit met die Intelliview™ 12-skerm en SideWinder™ Ultra is soortgelyk aan die T8- en T9-reeks vir eenvormigheid.

Jaco sê: “Die trekker is ten volle toegerus vir enige toepassing op die plaas.”

Vir meer inligting oor New Holland se oplossings skakel Jaco du Preez by 082-524-8898 of besoek hulle webwerf, www.newholland.com om jou naaste handelaar te vind. 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0