Jou grond vertel ’n storie: SGS NviroCrop help jou om dit te verstaan

SGS Groepfoto
Geen van jou lande, of selfs dele van dieselfde land, op jou plaas is presies dieselfde nie. Daar is verskille in grondpotensiaal, voghouvermoë, voedingstatus en produksievermoë – en dit beteken dat boere hul hulpbronne slim moet bestuur om die beste opbrengs te verseker.
SGS NviroCrop fokus daarop om waardevolle inligting op jou plaas in te samel en dit in praktiese raad om te skakel. Deur die gebruik van ingesamelde data en tegnologie, help hulle boere om elke hektaar meer doeltreffend te benut, insetkoste beter te bestuur en uiteindelik groter winsgewendheid te bereik. Hoe meer data ingesamel word oor die jare heen, hoe beter. Die maatskappy doen grond-, water-, blaar- en kunsmis-analises, grondklassifikasie, gewasbeplanning, ekonomiese analises – alles gekombineer in landboukundige dienste.
PD Koegelenberg, landboukundige vir SGS NviroCrop, sê presisieboerdery is waar alles begin het. “Ons het ons eie laboratorium waar ons grond, blare, kunsmis en water ontleed. Die groot voordeel van SGS is dat ons onafhanklik is. Die data en aanbevelings wat ons van die laboratorium af ontvang, het geen verbintenis met ’n sekere insetverskaffer nie. Ons beveel die produkte aan wat die boer nodig het en hy koop waar sy keuse is.”
PD sê die toekoms beweeg na datagedrewe besluite en daarom het SGS ’n app (Precision Gateway – web en mobiele foon) ontwikkel vir beter kommunikasie en intydse monitering tussen landboukundige en boer “om seker te maak al die grond op ’n boer se plaas lewer optimale resultate waar moontlik”.

Tegnologie beïnvloed winsgewendheid van jou groeimedium
Cobus Burger, SGS besigheidsbestuur, sê dat die intydse interaksie tussen klimaat/grond/praktyke ’n rol speel in boere se besluite. “Ons het ’n Soil iQ-program gebou, elke sone, elke grondtipe met sy unieke kode, elke land en elke plaas, of die boerdery as geheel kan finansieel geanaliseer word. Of jy nou kunsmis of saad neersit in die grond, sodra ons jou rou opbrengsdata ontvang kan ons presies vir jou sê hoe winsgewend of nie-winsgewend ’n sekere gedeelte van jou lande is,” sê Cobus.
Tegnologie help met beter besluitneming
SGS NviroCrop kan enige variëteite per grondtipe op hul program evalueer. “Ons program is ’n groot stap in die regte rigting om boere te help om beter besluite te neem en meer insig te hê,” voeg hy by.
Johan Eksteen, SGS se produkbesigheidsbestuurder, sê hul laboratorium maak hom trots. “Ons moet ook voldoen aan die vereistes vir uitvoere van groente en vrugte oorsee.”
Verder kan SGS ook help met betroubare voedsel- en voertoetsing sowel as die voedsaamheid daarvan, aangesien dit ’n direkte impak het op dieregesondheid en produksie. Vir die mark verseker dit dat boere met selfvertroue veilige en gehaltekos kos vir die mark bied.

Hulle kan ook kunsmis en water toets.Vir veeboere en voerprodusente beteken dit dat hulle die presiese proteïen-, vesel- en mineraalvlakke van hul voer ken, wat ’n direkte impak het op dieregesondheid en produksie. Vir die verbruikersmark verseker dit dat boere met absolute selfvertroue veilige, gesonde en gehaltekos kan lewer wat aan streng nasionale regulasies voldoen.
SGS ontleed die presiese samestelling van kunsmis (of dit nou chemies of organies is) en sodoende vermors boere nie geld op minderwaardige insette nie. Watergehalte is die lewensbloed van enige boerdery. SGS toets besproeiings- en veewatertoevoere vir skadelike patogene, swaar metale, soute en pH-balans. Dit beskerm sensitiewe gewasse teen toksisiteit, en verseker dat besproeiingstelsels self nie beskadig word nie.
Ian Bothma, SGS NviroCrop landboukundige en areabestuurder in die Wes-Vrystaat, noem ook dat grondklasifikasie belangrik is, want gronde verskil van gebied tot gebied. “Sekere gronde is meer kwesbaar vir droogtes en daarom moet boere die grondchemie in bo- en ondergrond wat potensiaal kan benadeel, analiseer voordat die seisoen begin.”
Neem beter en meer ingeligte besluite saam met die SGS NviroCrop-span. Kontak hul landboukundiges of besoek hul webwerf by https://www.sgs.com/en-za