Categories: Artikels, BesproeiingPublished On: 22nd May 2025

JoJo maak waterbesparing eenvoudig

By 3 min read
523 words

NAM08689

Henri Conradie van JoJo verduidelik by NAMPO 2025 hoe die Remote Tank Pump Controller werk.

JoJo se leuse sê dit alles: Water is lewe! Hulle weet ook dat wanneer dit by waterberging kom, is daar nie net een oplossing wat almal pas nie. Daarom bied JoJo omvattende oplossings wat jou onderneming, jou sak en jou behoeftes sal pas.

Waterberging bestaan ook nie meer net uit ‘n tenk en ‘n pomp nie. Met JoJo se nuutste produkte kan jy beheer neem oor die inloop, uittap en vlakke van jou tenk. Dit kan jou tyd, moeite en geld bespaar.

JoJo Monitor Tank Level

Hierdie toestel stel jou in staat om te alle tye op hoogte te bly van jou tenkvlakke deur bloot net na jou slimfoon se skerm te kyk.

‘n Radarsensor word bo-op jou tenk se deksel vasgemaak en die toestel meet dan die vlakke deur middel van die sensor. Die data word na die JoJo-moniteringstoep op jou slimfoon gestuur waar jy kan sien hoeveel water ingeloop het en hoeveel uitgetap het. Jy kan ook die historiese data bêre en later nagaan om jou meer beheer oor jou waterverbuik gee.

Die JoJo Monitor Tank Level gee jou akkurate watervlaklesings van 150 mm tot 5 000 mm.

Remote Tank Pump Controller

JoJo se Remote Tank Pump Controller doen die harde werk vir jou. Hierdie stelsel het ‘n sonaangedrewe transmitter met watersensors wat op jou tenk geïnstalleer word en ‘n LED-ontvanger wat aan jou pomp verbind is om die pomp aan te sit en te stop wanneer dit by verskillende watervlakke kom. Hierdie sensor meet ook deurlopend die vlakke van jou tenk, en indien tenkvlakke dan onder ‘n sekere persentasie gaan stuur dit ‘n sein na jou pomp.

Die boorgat- of aanjaagpomp skakel dan aan sodat jou tenk weer kan vol loop. Sodra die sensor opmerk dat die tenk vol is, stuur dit ‘n sein na die pomp om af te skakel. So het jy deurlopend ‘n vol tenk sonder moeite om self die tenkvlakke na te gaan en die tenk vol te hou.

Die JoJo Remote Tank Pump Controller hou jou tenk vol deur die pomp outomaties aan en af te skakel wanneer die tenk leeg of vol is.

JoJo Monitor Water Meter

JoJo se watermetermoniteringstelsel bring vir jou gerustheid. Die stelsel kan aan jou tenkuitlaat of aan die munisipale toevoer gekoppel word. Dit meet die hoeveelheid water wat deur die meter vloei asook die vloeispoed van jou water. Nou kan jy meer duidelikheid en beheer hê oor jou watergebruik.

Hierdie stelsel kan via ‘n toep op jou slimfoon nagegaan word. Indien jy nie tuis is nie en jy sien dat daar water vloei, kan dit ‘n aanduiding wees van ‘n lekkende of gebarste pyp, en dus kan jy vining reageer voordat te veel skade aangerig word of water verlore gaan.

JoJo se nuwe slimtegnologie help jou om jou waterverbuik te optimaliseer en te bestuur. JoJo bied omvattende oplossings vir jou waterbestuur en -berging en kan jou help met opgaartenks, filtreringsstelsels, pompe en meer.

Wanneer dit by jou water kom, moenie sommer enigiemand vertrou nie; vertrou die mense wat weet van water, vertrou JoJo. Jy kan met hulle in aanraking kom deur hulle webstuiste te besoek by www.jojo.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0