Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 11th May 2023

John Deere Financial praat nie net nie, hulle dóén

By 3 min read
554 words

JDF-LBW_still-1 (1)

John Deere Financial streef daarna om landboufinansiering so buigsaam en innoverend as moontlik te maak, sodat hul kliënte ‘n voorsprong kan kry in hul besigheid. Om hierdie rede, bied John Deere Financial ‘n spesiale pryspromosie om boerderye te sien floreer!

John Deere Financial het nog altyd hul kliënte vooruit gegaan om hul besighede die voorsprong te gee. Omdat John Deere Financial werklik hul kliënte verstaan, asook die bedrywe waarin hul besigheid doen, kan hulle as ‘n finansiëlediensverskaffer hul aanbiedinge verpersoonlik om aan hul kliënte se spesifieke vereistes te voldoen.

John Deere Financial doen die harde werk

John Deere Financial se finansiële oplossings doen die harde werk, sodat hul kliënte vrylik kan voortgaan met dit wat hulle die beste doen. ‘n Spesiale aanbod van prima -9%* finansiering op die 5075E MFWD Oos trekker bied John Deere Financial boere die geleentheid om die sprong vorentoe te neem.

‘n Verenigde maatskappy

John Deere Financial is ‘n betroubare vennoot wat al hul kliënte en aandeelhouers verpersoonlikde finansieringsoplossings bied om spesifieke behoeftes en doelwitte aan te spreek. Hierdie besigheid verstaan dat ‘n verenigde maatskappy met ‘n enkele visie berge kan versit. Daarom snoer al hulle verskeie departemente saam om die beste diens moontlik te lewer. 

Vinniger en verbeterde dienste

John Deere Financial het nog altyd hard gewerk om finansiële oplossings vir kliënte te vind, vandat hulle boere vir die eerste keer toegelaat het om hul ploeë op krediet te koop. Alhoewel hul dienste sedertdien uitgebrei en geformaliseer is, bemagtig hulle steeds hul kliënte met innoverende, persoonlike oplossings wat hul unieke behoeftes aanspreek. 

Strategiese vennootskappe

John Deere Financial het ‘n vennootskap met top finansiële instellings aangegaan sodat hulle ‘n volledige diens, voorpunt-finansieringsprodukte en ‘n top-in-klas rentekoerse kan lewer.

Hierdie aanbiedinge, gekombineer met sterk, persoonlike verhoudings, stel John Deere Finansiële Spesialiste daartoe instaat om kliënte se finansiële besluite te lei, betroubare adviseurs te word, na hul behoeftes te luister en die beste moontlike oplossings te bied.

Verpersoonlikde finansiële oplossings

John Deere Financial verstaan dat finansiering moet sin maak binne ‘n kliënt se unieke besigheidskonteks. Landbou het byvoorbeeld ‘n unieke kontantvloeisiklus en daarom bied hul buigsame finansieringsprodukte. “Ons moet ‘n instaatsteller wees vir boere, nie net ‘n finansierder nie, wat die beste oplossings teen ‘n goeie prys bied deur middel van vereenvoudigde interne prosesse,” sê John Deere Financial se besturende direkteur, Antois van der Westhuizen.

JDF verstaan dat boere ‘n behoefte het aan finansieringsoplossings wat by die sikliese aard van die landboubedryf pas. Met hul nuwe pryspromosie kan boere hul 5075E MFWD Oos trekker betaal oor ses-en-dertig maandelikse paaiemente, met ‘n 20% deposito en BTW terug na drie maande.

Meer as net finansiering

Buiten hierdie verpersoonlike aanbiedinge, luister John Deere Financial ook na hul kliënte om konstante vooruitgang aan te dryf, sodat die finansieringsproses so glad en gerieflik as moontlik verloop. Hulle word die boer se raadgewer, luister na hul behoeftes en ontwikkel die beste moontlike oplossings. John Deere Financial se pryspromosie getuig hiervan.

Deur vinniger, meer effektiewe finansieringsoplossings te verskaf, strategiese vennootskappe te vorm en hul aanbiedinge aan te pas om by die kliënt se behoeftes te bevredig, bied John Deere Financial meer as net finansiële oplossings—hulle is ‘n betroubare vennoot.

*Let wel, die bogenoemde aanbod is slegs geldig tot 30 Junie 2023.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0