Iveco: “Die beste vragmotor teen die beste prys”

iveco 4 reg
Thabo en Leonard Strydom van L & T Boerdery by hulle betroubare Iveco-vragmotors.
“Dit is ‛n baie goeie en die mees bekostigbare vragmotor wat jy sal kry – hulle pryse is in die kol. Ek gee hulle tien uit tien.” So praat Thabo Strydom van L & T Boerdery wie se betroubare Iveco-vragmotors ’n reuse rol in die boerdery se sukses speel.
Thabo en sy broer, Leonard, het saam ’n gemengde boerdery (saai en vee) by Heilbron in die Vrystaat. Dit is waarvoor die L en T staan: Leonard en Thabo. Leonard stem saam met Thabo dat Iveco ’n uitsonderlike vragmotor is wat volle waarde vir sy geld bied.
Iveco het ’n wye reeks voertuie wat vragte kan dra van 2,8 ton tot 50 ton. Hulle swaargewigreeks, die Stralis, strek van 16 tot 44 ton. L & T Boerdery se vragmotors val in dié swaargewigklas. “Ons het tien 34 ton-wipbakvragmotors van Iveco wat ons gebruik om graan te verskuif en ons vervoer ook grondstowwe vir Telwiedré Voere en vir ander voermaatskappye,” sê Thabo.
L & T Boerdery het een 420 Trakker, agt 440 Trakkers en een 480 Stralis-voorhaker en kry in Mei nog twee 440 Trakkers by. Die vragmotors ry elk 6 000 km per maand. Drie woorde som Iveco se Trakkervoorhaker die beste op: Robuustheid, betroubaarheid en doeltreffendheid.
Die Stralis se mees uitstaande eienskappe is lae brandstofverbruik, hoё betroubaarheid en gevorderde tegnologiese oplossings vir veiligheid. Thabo is baie tevrede met die betroubaarheid, hantering, veiligheidsaspekte, versienings en brandstofverbruik van Iveco se vragmotors: “As dit nie vir al daardie aspekte was nie, het ek nie Iveco gekoop nie. Daar is niks waarmee ek kan fout vind nie.” Hy sê Iveco se mense gaan uit hulle pad uit vir boere. “Ek het nog nie ‛n lelike brekasie gehad nie, maar ek het al laat in die middag gebel op soek na ‛n onderdeel en vroeg die volgende oggend was dit in my hande. Ons is dankbaar vir Corrie en sy span van die ETTC in Ermelo dat ons sulke goeie diens kry,” sê Thabo.
Iveco gebruik die mees gevorderde tegnologie soos natuurlike gas en biobrandstof. Hulle visie is nie verniet om leiding te neem oor die mededinging en waarde en gehalte vir hulle kliёnte te bied nie.

L & T Boerdery se betroubare Iveco-vragmotors staan ‛n oomblik stil vir ‛n foto voordat hulle weer wegspring om stiptelik swaar vragte te besorg.
Iveco glo in hierdie waardes:
- Prestasie: Iveco glo dat die prestasie van hulle produkte en dienste in die eerste plek die kliënt ‛n instrument bied wat die ekonomiese groei van sy maatskappy of boerdery op die lang duur kan handhaaf, sodat sy sukses ook hulle s’n kan wees, en omgekeerd.
- Toewyding: Iveco aanvaar hulle verantwoordelikhede met erns. Hulle sorg dat hulle voldoen aan die verwagtinge van hulle kliënte, aandeelhouers en kollegas. Hulle streef na die voortdurende verbetering van hulle produkte en dienste.
- Betroubaarheid: Iveco glo daarin om hulle beloftes aan hulle kollegas en kliёnte na te kom. Hulle hou hulle maatskappy se goeie naam in stand en hou by hulle woord met puik produkte en met stiptelike, betroubare en ekonomiese diens.
- Spangees: Iveco werk as ‛n span saam met hulle handelaars, verskaffers en kliёnte. Om meer uit te vind oor hierdie bekostigbare vragmotors of hulle handelaars regoor Suid-Afrika, skakel Leanne
Sebastian by 011-205-3763 of 060-977-2878 of stuur vir haar ‛n e-pos na Leanne.sebastian@cnhind.com. Besoek H13 ook Iveco se webblad vir meer inligting: www.iveco.co.za.