Irrigation Unlimited se Ocmis bring lewe na die grond in Paulpieterburg

Irrigation Unlimited
Toe Dietmar Niebuhr besluit om terug te trek na sy familieplaas het hy besluit dat hy vir sy seuns ‘n nalatenskap wil los.
Hier by DNH Farming doen hulle hoofsaaklik bosbou en Ditemar het besluit om kool ook aan te plant. Hy was opsoek na ‘n besproeiingstelsel wat sonder elektrisiteit sy lande doeltreffend kon benat.
Dit is waar Irrigation Unlimited ingetree het. Hulle nuwe Ocmis loopspuit gebruik waterdruk om ‘n turbinestelsel aan te dryf wat ‘n kanonspuit oor die land inrol.
Hierdie selfaangedrewe meganisme beteken dat Dietmar sy lande sonder elektrisiteit kan water gee.
Kyk gerus na die video om meer oor die spuit te leer.