Irrigation Unlimited is ‘n groothandelverskaffer vir jou voorkeur koöperasie en besproeiingswinkel
Irrigation Unlimited is ‘n groothandelverskaffer en verspreider van ‘n wye reeks kwaliteit besproeiingsprodukte. Dit beteken hulle versprei aan jou gunsteling koöperasie en besproeiingswinkels, terwyl hulle kliënte versprei is oor Suider-Afrika. Hulle verkoop al meer as 20 jaar gehalte besproeiingsprodukte en het meer as 5 000 produkte beskikbaar, maar bowenal spesialiseer hulle in uitstekende diens. Koöperasies regoor Suider-Afrika kan gebruik maak van hul jarelange kennis en produkkundigheid, en hoe hulle werklik die unieke behoeftes van boere regoor Suider-Afrika verstaan.
Die Irrigation Unlimited reeks
Irrigation Unlimited het die volgende produkreekse beskikbaar, doen navraag by jou naaste besproeiingswinkel:
Butterfly and Wafer Valves | Camlock Fittings | Clamps | Compression & Saddles | Dripline Irrigation |
Fertiliser Tanks | Fittings for PVC Pipes | Flanges and JIS | Irrigation Filters | Malleable Fittings |
Multi-Range Fittings | Poly Prop Fittings | Quick Coupling Accessories | Quick Coupling Fittings | Quick Coupling HDPE Systems |
Solvent Weld | SIME Guns | Tank Connectors | Valves & Brass Fittings | VYRsa |
Die waarde wat boere uit Irrigation Unlimited se produkreeks kry
Boere staar ‘n ongekende jaar van onderskeidelike uiterste droë en nat toestande in die gesig, en vertragings in die gehalte van plante weens onvoorsiene weerabnormaliteite.
Hier is wat Johan Hannekom (70) te sê het oor die voortdurend veranderende behoeftes van boere in Suid-Afrika, en hoe sommige van die nuwe toevoegings tot Irrigation Unlimited se reeks sy jarelange sukses in boerdery verbeter: “Ek is ook nou nie meer vandag se kind nie; ons kom mos maar van die dae van ou staalpype af en toe is dit aluminiumpype. Die probleem hiermee was dat hulle die koppelings begin steel het om as skrootmetaal te verkoop. Hierdie nuwe plastiek Quick Coupling HDPE pype hanteer eenvoudig net baie lekkerder as die staal, want hulle is so lig. Hulle goukoppelpype is ՚n absolute wenner; ek hoop die mense pak hulle die hele Suid-Afrika vol.”
Johan gebruik hoofsaaklik die Quick Coupling HDPE-stelsels vir oorhoofse verkoeling wanneer intense hitte die kwaliteit of lewe van sy aarbei-oeste bedreig.
Voordat hy nuwe blokke plant, laat Johan Afriq Drip driplynbesproeiing installeer. Afriq Water se waarde-vir-geld produkte word plaaslik in Gauteng vervaardig, en hulle Afriq Drip driplynbesproeiing is ‘n waterwyse besproeiingskeuse. Driplyn lewer water direk na die wortelsone van die plant, sonder om die plant se blare, stingels of vrugte nat te maak. Sodra ‘n lyn driplyn aangebring is, sal Johan sy saailinge direk langs elke uitstraalgat plant, wat in sy geval elke 20 cm oor die hele driplyn lyn herhaal word. Van daar af voeg hy ‘n plastiekdeklaag by om sy grond klam te hou en verdamping te stop. Johan gebruik 0,40mm wanddikte driplynbesproeiing, gemaak om drie jaar te hou, perfek vir sy aarbeie.
Met hierdie twee besproeiingsmetodes wat mekaar so goed aanvul, is Johan, ‘n boer met meer as 40 jaar se ondervinding in groenteboerdery, ‘n trotse verskaffer van pragtige, soet aarbeie vir een van Suid-Afrika se grootste kommersiële vrugte en groente winkels.
Waarom boere dit moet oorweeg om Irrigation Unlimited-produkte by hul naaste besproeiingswinkel te koop
Wanneer jy ’n Irrigation Unlimited-produk koop, weet jy presies wat jy kan verwag. Kwaliteit produkte, wat amper altyd op voorraad beskikbaar is, en fantastiese nadiens en kundige advies vir alles wat met besproeiing verband hou.
Hoe boere hul opbrengs kan verhoog met Irrigation Unlimited produkte
Vir boere wat belangstel om hul opbrengs te verhoog met kwaliteit, waardetoegevoegde besproeiingsoplossings wat deur Irrigation Unlimited verkoop word, bel jou naaste Irrigation Unlimited-hoofkantoor om jou naaste kleinhandelaar te vind: PTA +27 12 736 2121 of CPT +27 21 946 1194
Besoek die www.iunlimited.co.za om meer uit te vind.