Impac Cropsure verseker volhoubare boerdery tot almal se voordeel

impac
Landbou is ’n noodsaaklike sektor vir enige samelewing en alle ander bedrywe is van suksesvolle landbou afhanklik.
Maar ongelukkig is landbou ook die sektor wat aan die meeste risiko’s blootgestel is en die huidige COVID-19 plaas nog meer druk daarop. Boonop is daar geen sigbare staatsubsidies of verligtingskemas om hierdie sektor te ondersteun nie.
Al word landbou soos ’n weeskind behandel, verskaf die bedryf werkgeleenthede aan meer as 5% van die land se arbeidsmag en dra regstreeks 4% tot die nasionale BBP by, waarsonder talle ander bedrywe nie suksesvol sou kon bestaan nie.
Werklikhede
Impac Cropsure se mense is deeglik bewus van die verskeidenheid mark- en produksierisiko’s waaraan boere blootgestel is. Wisselvalligheid in die bedryf is die gevolg van ’n verskeidenheid faktore soos weersomstandighede, insekbesmettings, gewassiektes, bergingsprobleme en vervoerrisiko’s. Hierdie faktore kan opbrengs benadeel en geldelike verliese veroorsaak, en veral klein tot medium boerderye vind dit moeilik om na so ’n ernstige gebeurtenis te herstel. Impac Cropsure bied ook vir hierdie boere ’n oplossing.
Baie boere versprei risiko’s deur met verskeie gewasse of diere te boer, minder waterintensiewe produkte te kweek, droogte- en siektebestande gewasse te plant en beter bewerkingspraktyke te volg, maar dit skakel nie die risiko’s heeltemal uit nie.
Boonop bied tradisionele risikobestuur ’n beperkte vermoë om katastrofes soos streeksdroogtes of oorstromings suksesvol te bestuur – en dit bo en behalwe onvoorsiene risiko’s soos COVID-19.
Die probleem
Bogenoemde terugslae sit ’n kettingreaksie aan die gang wat verder as die boer en sy boerdery strek. Dit lei tot wanbetalings op lenings, onbetaalde rekeninge, afleggings, ’n skaarste aan en prysstygings van landbouprodukte, ’n daling in die omset en inkomste van insetverskaffers en ’n ontwrigting van die hele waardeketting.
Suid-Afrika se regering bied nie, soos ontwikkelde lande, noemenswaardige steun aan die landbousektor nie. Dit maak tradisionele gewasversekering duur en die inherente tekortkominge van tradisionele versekeringsprodukte het boere die afgelope dekade genoop om groot skuld aan te gaan. Dit het verminderde of beperkte insetfinansiering vir boere tot gevolg gehad.
Vir opkomende boere is insetfinansiering nog ’n groter probleem.
Die oplossing
Vernuwende strategieë en oplossings deur versekeraars wat saam met boere werk is die antwoord vir risikovermindering wat voorsiening maak vir die spesifieke boerdery en streek waarin hulle boere bedien.
Impac Cropsure se bestaansrede is om die volhoubaarheid van boerderye, nywerhede en die breër ekonomie te beskerm. Daarom glo Impac dat oplossings met groter noukeurigheid oorweeg en verbeter moet word om die gapings in konvensionele risikobestuur te vul – en dat dit onmiddellik gedoen moet word.Goeie nuus vir boere is Impac se Gewaarborgde Inkomstegebaseerde Oesversekeringsproduk wat deur Bryte Versekering onderskryf word. Inkomstegebaseerde versekering kan bydra tot laer versekeringskoste.
Die nuwe produk help om baie van die tradisionele produkte se inherente tekortkominge wat landbouversekering geteister het, uit te skakel:
• Tradisionele produkte met multi-risiko sluit altyd haelversekering uit, wat die boer genoodsaak het om ekstra haelversekering teen ’n bykomende koste uit te neem.
• Tradisionele produkte met multirisiko het die boere op ’n opbrengsbasis gedek, maar nie as die prys van produkte in duie stort nie, wat die boer genoodsaak het om die prysaspek deur die beursverhandelde termynmark te beskerm.
• Die tradisionele produk beperk ook die maksimum gewaarborgde dekking op ’n gewas tot 65% van die versekerbare waarde, terwyl die omsetproduk dekking van tot 80% kan bied.
Inkomstegebaseerde versekeringdekking oorkom dus baie van die uitdagings wat die landbouversekeringsmark geteister het.
Impac Cropsure Gewaarborgde Inkomstegebaseerde Oesversekering bied multi-dekking, wat haelversekering insluit. Dit is gegrond op die gewaarborgde inkomste en verseker die boer teen randwaarde per hektaar, wat die boer se vermoë om wins te maak en toegang tot finansiering vir daardie seisoen te verkry, beskerm. Die produk kan die boer ook vir tot 80% van die versekerbare waarde van ’n gewas verseker.
Waarom is die inkomsteproduk so ’n omwenteling in die Suid-Afrikaanse landboumark?
Sonder toegang tot insetfinansiering kan meer as 80% van die boere nie hulle gewasse plant of voldoende boerderypraktyke toepas nie.
’n Versekeringspolis met multi-risiko is een van die belangrikste borg- of aanvullende instrumente wat finansiële instellings vereis om krediet aan boere te verleen. Selfs insetverskaffers soos saad- en kunsmishandelaars dring nou aan op behoorlike versekeringsdekking voordat voorraad op krediet gelewer word. Impac Cropsure se Gewaarborgde Inkomstegebaseerde Oesversekering voldoen aan hierdie vereistes.
Impac streef daarna en is in ’n goeie posisie om tot almal se voordeel beter samewerking tussen onderskywers, gewasmakelaars, bankinstellings, die boerderygemeenskap en die regering te bewerkstellig – veral in die buitengewone omstandighede waarin ons, ons tans bevind.
Kontak Impac Cropsure by 012-010-0697 of jou Makelaar vir meer inligting. Besoek ook www.impaccropsure.co.za