Hou jou diere gesond en jou lek droog met Yara en PhosSure

20250219_102341(0)
Ludi Wiegmann se beeste is lief vir hulle Phossure 12-lek.
‘n Fosfaattekort is nie iets wat jy dadelik in jou diere gaan raaksien nie, maar mettertyd sal jy dit agterkom. Swak produksie en swak bene is tekens van ‘n fosfaattekort in jou diere. Suid Afrika se grond het nie baie fosfaat in nie en daarom moet boere vir hulle diere fosfaat bygee om hulle sterk en gesond te hou.
Reeds in die negentigs het Yara Animal Nutrition hulle fosfaat-aanvullingresep vervolmaak. Hierdie resep werk nou al vir meer as 36 jaar en is nog steeds die markleier vir fosfaataanvullings vir diere.
Ludi Wiegman is een boer wat waardevolle voordeel trek uit fosfaataanvulling. Sy gesin het in 1948 in die Hattingspruitgebied naby Dundee begin boer. In 1981 het hy die plaas, Ignesdale, by sy pa gekoop. Hier boer hy nou reeds 45 jaar met beeste. Hy het ook ‘n klein melkery en het ook voorheen met varke geboer.
Voor die ontstaan van PhosSure in 1998 het Ludi beenmeel en fosfaat by sy diere se lek ingemeng. Toe PhosSure op die mark kom, is die heel eerste vrag op sy plaas afgelaai.
PhosSure is ‘n weerbestande fosfaat- en spoormineraal aanvulling en volgens Nick de Beer, Tegniese Adviseur by Yara Animal Nutrition vir Natal en ‘n gedeelte van die Vrystaat, was daar, soos met alle produkte, aan die begin maar groeipyne. Met Ludi se hulp kon Yara hierdie groeipyne uitstryk om uiteindelik die wenresep vir PhosSure saam te stel.
- PhosSure 12-lek vorm ‘n harde, maar maklik breekbare laag bo-op wanneer dit nat word.
- Die droë lek onder die harde laag.
Wat is PhosSure?
PhosSure 12 is ‘n fosfaat- en spoormineraal aanvulling wat in die reënseisoen vir diere gegee word. Oor die algemeen het groen, natuurlike weiding die energie en proteïene wat diere benodig, maar die grond en dus die weiding, is arm aan fosfaat en daarom word aanvullings benodig.
PhosSure 12 bevat 12% fosfaat, asook kalsium en spoorminerale soos selenium, koper, jodium, sink, kobalt en mangaan. Die boer meng Phossure 12 met sout in ‘n een-tot-een-verhouding om te verseker dat die lek 6% fosfaat bevat.

Ludi Wiegman van Ignesdale en Nick de Beer van Yara Animal Nutrition.
Yara het ook PhosSure 6 wat hulle self reeds by die fabriek met sout meng en so aan boere verkoop.
“Die fosfaat wat ons gebruik, word deur ons self vervaardig en ons is die grootste fosfaatvervaardiger in Suid-Afrika. So ons weet ons het goeie gehalte fosfaat; dit is nie ‘n ingevoerde produk waarvan die gehalte dikwels wissel nie,” sê Nick.
Wat PhosSure so uniek maak is sy weerbestandheid. PhosSure vorm ‘n beskermende laag bo-oor die lek waneer dit klam of nat word. Water kan nie deur die laag gaan nie, so die produk daaronder bly droog, dus is daar geen verlies wanneer reën in jou lekbakke val nie.
Die beskermende lagie vorm as gevolg van melassepoeier wat by die PhosSure gevoeg word. Dit is dubbeldoelig, want nie net hou dit die lek droog nie, maar melasse smaak ook aangenaam vir beeste, dus kan jy seker wees hulle sal die lek vreet.
Nick vertel dat ander maatskappye al PhosSure probeer namaak het, maar omdat dit nie ‘n maklike produk is om te maak nie is Yara Animal Nutrition die enigstes wat nog hierdie resep 100% kon regkry en vir meer as 36 jaar hoë gehalte lek lewer.
Hoewel PhosSure 12 die eerste weerbestande produk vir Yara was, is PhosSure 6 later bygevoeg en daarna PhosPro 17 wat basies net PhosSure 6 is, maar met Voergraad Ureum by wat saam met die fosfaataanvulling ook 17% proteïene vir die dier aanvul.
Ludi sê hy kan die resultate in die kondisie van sy beeste sien.
“Ons het maar ‘n tekort aan fosfaat en spoorelemente in ons gebied en ons gebruik die PhosSure om dit aan te vul. Entstowwe werk ook baie beter met ‘n gesonde dier,” voeg Ludi by.
Hy vertel dat hy deur die jare nog net puik diens by Yara Animal Nutrition gekry het en dat hy hulle produkte reeds jare lank aan ander boere aanbeveel. Die winterlekresep wat hy ontwerp het en ook PhosSure bevat is reeds baie bekend onder sy bure en ander boere in die omgewing.
Besoek gerus Yara Animal Nutrition se webtuiste by www.yara.co.za/animal-nutrition om meer oor hulle produkte te leer.