Categories: NuusPublished On: 1st December 2020

Hortgro- Beginsel standpunt rakende IP regte

By 1 min read
290 words

fruit-1534494_1920

Foto: Pixabay

Daar word met kommer kennis geneem van die voortslepende geskil in die bloublessiebedryf oor intellektuele eiendom (IP) en verwante planttelersregte (PTR).

Dit word beskou as ’n private kommersiële aangeleentheid wat as sulks hanteer moet word. Gegewe die potensiële negatiewe impak op ander vrugtebedrywe se voortgesette toegang tot die jongste, internasionale genetika en plantmateriaal, is Hortgro versoek om ’n beginselstandpunt oor IP en verwante PTR te maak – gegewe dat sodanige materiaal die ruggraat van ‘n volgehoue relevante en internasionaal-mededingende bedryf is.

Derhalwe word die negatiewe uitwerking wat sulke openbare geskille op die posisie van SuidAfrika as ’n gerekende en betroubare wêreldvenoot kan hê, betreur.

Hiermee as volg, Hortgro se standpunt oor IP en verwante PTR:

 Herbevestig beginselsteun en erkenning van internasionale konvensies en wetgewing wat as riglyne dien vir die beskerming van IP en PTR;

 Verseker internasionale telers, eienaars en lisensiehouers dat die Suid-Afrikaanse kern- en steenvrugbedrywe hulle IP en verwante PTR, gekoppel aan ooreenkomste en wetgewing, ten volle onderskryf en respekteer;

 Respekteer die reg om die bemarking- en handelsvoorwaardes van produkte, insluitend die betaal van tantieme, te kontroleer en te reguleer, op voorwaarde dat sodanige reëlings billik, duidelik en formeel ooreengekom is voordat verwante plantmateriaal aangeplant word;

 Moedig Suid-Afrikaanse produsente en ander belanghebbendes in die bedryf aan om wettige kontrakte en internasionale ooreenkomste m.b.t. IP en verwante aangeleenthede, te respekteer en daaraan te voldoen.

 Dat IP/PTR eienaars wêreldwyd die Suid-Afrikaanse vrugtebedrywe sal vertrou om hul regte te respekteer om voortgesette toegang tot die nuutste tegnologie, genetika, innovasie en beskikbare plantmateriaal uit wêreldwye bronne, te verseker.

*Hortgro is die nasionale oorkoepelende bedryfsliggaam vir die Suid-Afrikaanse kernvrug- (appels en pere) en steenvrug (pruim/pruimedant, perske/nektarien, appelkoos en kersie) bedrywe.

Bron: Hortgro

0
Tags: ,

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0