Hoëveld Bonsmaraklub se derde veilingskatalogus dui op goeie genetika

3de-hoeveld-bonsmaraklub-veiling-28-oktober-2022-1100-sernick-veilingskompleks-737637-802467 (1)
Hoëveld Bonsmaraklub se visie is die vestiging van die grootste en mees innoverende Bonsmaraklub met betrokke lede wat aktief deelneem aan die beplanning en implementering van verbeeldingryke en toevoegende inisiatiewe ter bevordering van die belange van die Bonsmara ras, klublede en Bonsmara SA.
Hulle derde produksieveiling beloof om voort te bou op hierdie visie.
Die veiling vind plaas in Edenville by die Sernick Veilingskompleks te Liebenbergstroom. Dit begin stiptelik om elfuur.
Op die 28 Oktober 2022 sal verskeie diere op aanbod wees:
- 50 Stoetbulle (fase C getoets)
- 450 Kommersiële vroulike diere (alle produksiestadia)
Laai die katalogus hier af:
Vir meer inligting, skakel besoek Agri4All.com.