Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 21st September 2020

Herwin jou plaas met Kanna se Bostop-roller

By 2 min read
351 words

kanna 1

Kyk net hoe doeltreffend werk Bostop: Al wat ’n ongewenste bos, boompie en struik is, is daarmee heen terwyl die gras ongesteurd bly groei.

Die probleem: Bosindringing beroof boere van baie hektare weiding en dit is duur en moeilik om te stuit. Spuit jy, dan spuit jy alles dood – ook die nuttige gras wat jy wou behou. Die oplossing: Kanna Industries se vernuftige Bostop-gifroller maak ontbossing maklik, bekostigbaar en doeltreffend.

Dit werk so: Die Bostop word agter ’n trekker gesleep. Bosse en boompies word platgedruk en sterk, wrede tande voor die trekker se snoet en aan Bostop se raam krap die bas stukkend. Onkruiddoder word met swaartekrag van die tenk bo-op die Bostop na ’n roller met blokke absorberende materiaal gevoer, wat dit aan die stamme afrol met ’n effense vee-aksie, sodat dit diep in die skraapletsels indring en deeglik deur die plant opgeneem word.

Afhangende van die soort onkruiddoder wat die gifsmous aanbeveel, begin die ongewenste bosse of boompies na drie of vier weke vrek en kort voor lank het jy jou plaas herwin sonder om enige nuttige gras te benadeel.

Die Bostop werk 3,4 meter wyd sodat jy sommer ’n groot stuk aarde per dag kan ontbos. Agter die raam waarin die gifroller gemonteer is, loop twee wiele waarmee die werkhoogte van plat op die grond tot 250 mm hoog gestel kan word.

Bostop is beskikbaar in ’n sleepmodel of ’n driepuntgemonteerde model vir makliker vervoer oor lang afstande. Nog goeie nuus is dat jy Bostop kan gebruik om swak bestuurde weiding te herwin: Jaag die vee in sodat hulle die smaaklike en nuttige gras kort vreet. Die onsmaaklike gras wat oorbly is nou langer sodat jy met jou Bostop gif daaraan kan rol en siedaar: Die onsmaaklike, minderwaardige gras vrek sonder om die nuttige gras te benadeel.

Soos alle Kanna-werktuie, het die Bostop sy oorsprong op die plaas. Die konsep is bedink deur ’n wakker boer, Johan Els, van Komga en net effens verfyn deur Willa Nolte van Kanna.

Vir meer inligting, gesels met Willa Nolte by 072-333-1051 of stuur ’n e-pos aan willa@kannaindustries.co.za. Kyk ook na die video van Bostop by http:/bit.ly/2ZHnrE4 en besoek www.kannaindustries.co.za om Kanna se hele reeks wenwerktuie te sien.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0