Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 15th August 2024

Hê ’n super-plantseisoen met Rovic se Super 25-tandwerktuig!

By 2 min read
329 words

IMG_5492

As jy ’n gelukkige boer wil hê, gee jy vir hom lekker los grond, gereed vir planttyd. Ongelukkig kan die natuur nie voorgeskryf word nie, maar Rovic se Super 25-tandwerkmasjien is ’n uitstekende tweede prys.

Dié masjien se groot bekendstelling was vanjaar by NAMPO.

Die Super 25 tandwerkmasjien se hidrouliese wegbreeksilinders is soos iets vanuit ’n droom. “Die stelsel is al baie lank getoets en het homself goed bewys,” sê JP Venter, gebiedsbestuurder by Rovic. “Die voordeel met die silinders teenoor die konvensionele bladveerwegbreekaksie, is dat jy ’n baie swaarder krag op jou tand kan uitoefen.”

JP Venter vertel hoe die Super 25 boere se plantseisoen vergemaklik en vereenvoudig.

JP verduidelik verder dat jy tussen 80 en 120 bar druk op elke silinder kan uitoefen.

Buiten die feit dat hierdie masjien ongelooflik sterk is, bly die invalshoek van die tand konstant. “Dit beteken dat jou trekker ligter trek en jy gaan brandstof bespaar.

“Die ander voordeel daaraan is dat jou skaarpunt onder aan die tand stadiger slyt omdat dit deurlopend teen die regte invalshoek werk.” Só kry jy ‘n baie langer leeftyd uit jou skaarpunte.

Wanneer die tandwerktuig deur jou veld is, is die grond lekker los, lig en gereed vir plant.

Met die swaarder wegbreekaksie van die hidrouliese silinders, kan daar ook nou ’n breër skaar aan die werktuig gemonteer word. Die uitwerking hiervan is dat die grond tussen die tande baie beter opgebreek word.

Die wegbreekaksie van ‘n bladveer is ongeveer 1 800 kg. Met die hidrouliese silinders op 80 bar druk, is die wegbreekaksie 1 850 kg en op 120 bar is dit 2 600 kg. “So, dit wys net vir jou dat hierdie tand in moeilike omstandighede nog steeds in die grond gaan bly en sy werk kan doen.”

Die tande van hierdie werktuig kan tot 650 mm diep werk.

Rovic het hierdie hidrouliese silinders beskikbaar van hulle kleinste tandwerktuig tot by die Super 32.

Vir enige navrae oor die hidrouliese wegbreekaksie, kontak gerus jou naaste Rovic-handelaar. Jy kan ook Rovic se webtuiste besoek by www.rovic.com.

1

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

1